Papegaaie
| Psittaciformes | ||||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Ara ararauna | ||||||||||||||
| Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Verspreiding word in rooi aangedui.
|
||||||||||||||
| Superfamilies | ||||||||||||||
|
Cacatuoidea (kaketoes) |
||||||||||||||
Papegaaie (Psittaciformes) is 'n orde van voëls wat uit 3 families en 372 spesies bestaan.[1] Aanvanklik kom die spesies slegs in die trope en suid daarvan in die suidelike halfrond voor. Ag gevolg van ontsnapping uit gevangenskap of doelbewuste vestiging in die twintigste eeu, het wilde bevolkings ook in die noordelike halfrond ontstaan. Die grootste diversiteit (meeste spesies) van papegaaie kom in Suid-Amerika en Australasië voor.
Tipiese kenmerke van papegaaie sluit in: 'n sterk, geboë snawel, 'n regop houding, sterk bene met 2 tone wat vorentoe wys (2 en 3) en twee wat agtertoe wys (1 en 4). Baie papegaaie is helderkleurig, en het soms verskeie helder kleure. Die vere van kaketoes strek van meestal wit tot oorwegend swart, met 'n kruin van vere wat oor die kop strek.
Papegaaie se dieet bestaan uit sade, neute, vrugte, blomknoppe en ander plantmateriaal. 'n Paar spesies sal soms ander diertjies eet. Spesies van die stam Lorini is gespesialiseerd om van nektar en sagte vrugte te lewe.
Byna al die papegaaie maak in boomholtes nes (of bokse in gevangenisskap). Hulle lê wit eiers. Pasgebore kuikens is hulpeloos en moet gevoed en versorg word.
Papegaaie is van die intelligentste voëls, en sommige spesies kan selfs menslike stemme namaak. Die eienskap, tesame met hul helder kleure, maak van hulle gewilde troeteldiere.
Taksonomie[wysig | wysig bron]
Volgens genetiese navorsing bestaan die papegaaie uit drie hoofgroepe, soos deur die onderstaande kladogram aangedui:[2]
| Papegaaie (Psittaciformes) |
|
||||||||||||
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en)
- ↑ (en) T. F. Wright et al, 2008. A Multilocus Molecular Phylogeny of the Parrots (Psittaciformes): Support for a Gondwanan Origin during the Cretaceous. Mol Biol Evol. 2008 October; 25(10): 2141–2156. full text