Acacia
| Acacia | ||||||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Blomme van die soetdoring (Acacia karroo). | ||||||||||||||||
| Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
| Spesies | ||||||||||||||||
|
Sien teks |
||||||||||||||||
Acacia is 'n plantgenus wat behoort tot die subfamilie Mimosoideae wat op sy beurt behoort tot die familie Fabaceae. Akasias se blare is dubbelveervormig saamgestel met klein tot baie klein veeragtige blaartjies. Die blomme is donserig en geel of wit. Al die inheemse akasias het dorings terwyl dié wat uit Australië ingevoer is doringloos is. Baie van die uitheemse bome het genaturaliseer geraak; voorbeelde is die wattel-, swarthout- en rooikransbome. Laasgenoemde is 'n ernstige plaag en geklassifiseer as 'n indringerplant. Van die inheemse spesies skei gom af wat gebruik kan word vir die maak van lekkergoed en kleefmiddels.
Boom spesies[wysig | wysig bron]
- Apiesdoring (Acacia galpinii)
- Blouhaak (Acacia erubescens)
- Brakdoring (Acacia robusta subsp. clavigera)
- Buikdoring (Acacia luederitzii)
- Delagoadoring (Acacia welwitschii)
- Driehaakdoring (Acacia senegal)
- Enkeldoring (Acacia robusta)
- Gewone haakdoring (Acacia caffra)
- Haak-en-steek (Acacia tortilis)
- Horingdoring (Acacia grandicornuta)
- Kameeldoring (Acacia erioloba)
- Knoppiesdoring (Acacia nigrescens)
- Koorsboom (Acacia xanthophloea)
- Lekkerruikpeul (Acacia nilotica)
- Papierbasdoring (Acacia sieberana)
- Rooidoring (Acacia gerrardii)
- Soetdoring (Acacia karroo)
- Swartapiesdoring (Acacia burkei)
- Swartwattel (Acacia mearnsii)
- Vaalkameeldoring (Acacia haematoxylon)
- Vaalmimosa (Acacia podalyriifolia)
- Vlamdoring (Acacia ataxacantha)
- Witdoring (Acacia polyacantha subsp. campylacantha)
Foto's van verskeie spesies[wysig | wysig bron]
-
Enkeldoring (Acacia robusta)
-
Gewone haakdoring (Acacia caffra)
-
Haak-en-steek (Acacia tortilis)
-
Kameeldoring (Acacia erioloba)
-
Knoppiesdoring (Acacia nigrescens)
-
Koorsboom (Acacia xanthophloea)
-
Lekkerruikpeul (Acacia nilotica)
-
Papierbasdoring (Acacia sieberana)
-
Rooidoring (Acacia gerrardii)
-
Silwerwattel (Acacia dealbata)
-
Soetdoring (Acacia karroo)
-
Swarthaak (Acacia mellifera)
-
Trassiedoring (Acacia hebeclada)
-
Vaalmimosa (Acacia podalyriifolia)
-
Vlamdoring (Acacia ataxacantha)
-
Witdoring (Acacia polyacantha)
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bron[wysig | wysig bron]
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8