6 Mei
| << | Mei 2017 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
| 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
| 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
| 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
| 28 | 29 | 30 | 31 | |||
| Al die dae | ||||||
6 Mei is die 126ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (127ste in skrikkeljare). Daar volg nog 239 dae in die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1312 – Pous Clemens V publiseer die bul Exvivi de Paradiso waarin die regulasies van die Minderbroeders (Fratres Minores) vasgelê word.
- 1527 – Spaanse en Duitse troepe plunder Rome; sommige beskou dit as die einde van die Renaissance.
- 1682 – Louis XIV van Frankryk verskuif sy hof na Versailles.
- 1715 – Pous Clemens XI stel Fabio Olivieri, sekretaris van Apostoliese Briewe aan as kardinaal.
- 1835 – James Gordon Bennett publiseer die eerste uitgawe van die New York Herald.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Arkansas breek weg van die Unie.
- 1877 – Hoof Crazy Horse van die Oglala Sioux gee oor aan die Verenigde State troepe in Nebraska toe hy besef dat sy mense swak is as gevolg van koue en honger.
- 1910 – George V word koning van die Verenigde Koninkryk na die dood van sy vader, Edward VII.
- 1889 – Die Eiffeltoring word amptelik aan die publiek oopgestel tydens die Universele Ekspo in Parys.
- 1932 – Moordaanslag op president Paul Doumer van Frankryk in Parys. Die president sterf een dag later aan sy beserings
- 1937 – Hindenburg ongeluk: Die Duitse zeppelin Hindenburg slaan aan die brand en word verwoes binne ’n minuut terwyl dit probeer dok by Lakehurst, New Jersey. 36 mense sterf.
- 1941 – Vjatsjeslav Molotov word deur Jozef Stalinals vervang as voorsitter van die Raad van Volkskommissarisse (premier) van die Sowjet-Unie.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die laaste Amerikaanse magte in die Filippyne gee oor aan die Japannese.
- 1954 – Roger Bannister word die eerste persoon wat die myl in minder as vier minute hardloop, die eerste droommyl.
- 1955 – Die Duitse Bondsrepubliek word lid van die NAVO.
- 1974 – Aftrede van Willy Brandt as bondskanselier van West-Duitsland.
- 1994 – Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en Franse President Francois Mitterrand open die Engelse Kanaal tonnel.
- 2002 – Jean-Pierre Raffarin word premier van Frankryk.
- 2002 – In Nederland word die politikus Pim Fortuyn vermoor.
- 2002 – Beëdiging van Marc Ravalomanana as president van Madagaskar.
- 2006 – Viering van die 500-jarige bestaan van die Switserse Wag in die Vatikaanstad.
- 2007 – Naspers stel sy nuwe Sondagkoerant Sondag bekend.
- 2012 – Die sosialis François Hollande wen die tweede ronde van die Franse presidentsverkiesingen met 51,7% van die stemme en vervang Nicolas Sarkozy in die Élysée.
- 2016 – Sadiq Khan wen die verkiesingen om burgemeester van Londen te word.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1501 – Marcello Cervini (later Pous Marcellus II), die 222ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1555)
- 1574 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X), die 236ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1655)
- 1758 – Maximilien de Robespierre, Franse revolutionêr († 1794)
- 1856 – Sigmund Freud, Oostenrykse sielkundige, († 1939)
- 1803 – Lucien Murat, neef van Napoleon Bonaparte († 1878)
- 1825 – Albert Montens d'Oosterwijck, Belgiese politikus († 1896)
- 1830 – Abraham Jacobi, Amerikaanse kinderarts († 1919)
- 1851 – Aristide Bruant, Franse chansonnier en skrywer († 1925)
- 1859 – Robert Peary, Amerikaanse ontdekkingsreisiger († 1920)
- 1859 – Willem Kloos, Nederlandse digter († 1938)
- 1868 – Nikolaas II van Rusland, laaste Tsaar van Rusland († 1918)
- 1868 – Gaston Leroux, Franse skrywer († 1927)
- 1871 – Victor Grignard, Franse fisikus en Nobelpryswenner († 1935)
- 1871 – Christian Morgenstern, Duitse digter († 1914)
- 1872 – Jan De Vroey, Belgiese argitek († 1935)
- 1872 – Willem de Sitter, Nederlandse wiskundige, sterrekundige en natuurkundige († 1934)
- 1880 – Ernst Ludwig Kirchner, skilder († 1938)
- 1882 – Kroonprins Wilhelm van Duitsland, opvolger van Keiser Wilhelm II († 1951)
- 1882 – Georgi Atanasov, Bulgaarse komponis († 1931)
- 1895 – Rudolph Valentino, Amerikaanse akteur († 1926)
- 1898 – Konrad Henlein, Tsjeggiese politikus († 1945)
- 1902 – Max Ophüls, Duitse filmregisseur († 1957)
- 1904 – Harry Martinson, Sweedse skrywer († 1978)
- 1915 – Orson Welles, Amerikaanse filmregisseur († 1985)
- 1915 – Dieodore H. White, skrywer († 1986)
- 1919 – Alejandro Finisterre, Spaanse digter († 2007)
- 1919 – André Guelfi, Franse renjaer († 2016)
- 1920 – Ross Hunter, filmregisseur († 1996)
- 1920 – Kamisese Mara, eerste Eerste Minister en president van Fiji († 2004)
- 1921 – Erich Fried, Duitse skrywer († 1988)
- 1922 – Miems de Bruyn, Afrikaanse aktrise († 2010).
- 1923 – Galyani Vadhana, Thaise prinses († 2008)
- 1924 – Nestor Basterretxea, Spaanse beeldhouer, skilder en filmregisseur († 2014)
- 1929 – Hans Beck, Duitse uitvinder van Playmobil († 2009)
- 1929 – Paul Lauterbur, Amerikaanse fisikus en Nobelpryswenner († 2007)
- 1930 – Sonia Rykiel, Franse mode-ontwerpster († 2016)
- 1934 – Hans Junkermann, Duitse fietsryer
- 1937 – Rubin 'Hurricane' Carter, bokser
- 1945 – Bob Seger, rock musikant
- 1945 – Jimmie Dale Gilmore, musikant
- 1947 – Martha Nussbaum, filosoof
- 1953 – Tony Blair, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
- 1961 – George Clooney, Amerikaanse akteur
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 680 – Moe'awija I, Umayyad (77), Arabiese kalief
- 988 – Dirk II van Holland, hertog van Holland
- 1475 – Dirk Bouts (65), Belgiese skilder
- 1638 – Cornelius Jansenius (52), Nederlandse priester en teoloog
- 1825 – Lady Anne Barnard, Skotse digteres en brieweskryfster (* 1750).
- 1859 – Alexander von Humboldt (89), Duitse natuurwetenskaplike en ontdekkingsreisiger
- 1862 – Henry David Thoreau (44), Amerikaanse schrywer en filosoof
- 1889 – Heinrich Gustav Reichenbach (66), Duitse botanikus
- 1902 – Bret Harte, Amerikaanse outeur.
- 1910 – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk (* 1841).
- 1919 – L. Frank Baum, Amerikaanse skrywer.
- 1922 – Marie von Saksen-Weimar-Eisenach (73)
- 1924 – Carel Steven Adama van Scheltema (47), Nederlandse sosialistiese digter
- 1941 – Franz Koenigs (59), Nederlandse bankier en kunsversamelaar
- 1949 – Maurice Maeterlinck (86), Belgiese skrywer
- 1950 – Willem Maas (53), Nederlandse argitek
- 1951 – Élie Cartan (82), Franse wiskundige
- 1960 – Paul Abraham (67), Hongaarse komponis
- 1965 – Giulio Bevilacqua (83), Italiaanse kardinaal
- 1972 – Deniz Gezmiş (25), Turkse politieke aktivis
- 1975 – József Mindszenty (83), Hongaarse kardinaal-aartsbiskop van Esztergom
- 1978 – Ko van Dijk (61), Nederlandse toneelspeler en regisseur
- 1983 – Joseph Keunen (84), Belgiese skrywer
- 1992 – Marlene Dietrich, Duitse aktrise (* 1901).
- 2002 – Pim Fortuyn, Nederlandse politikus.
- 2002 – Meinte Walta (82), Nederlandse kunsskilder
- 2003 – André Carolus Cirino (73), Surinaamse skrywer
- 2006 – Han Reiziger (72), Nederlandse pianis en komponis
- 2007 – Roman Kintanar (77), Filippynse weerkundige
- 2007 – Đorđe Novković (63), Kroatiese komponis
- 2012 – Jan Trøjborg (56), Deense politikus
- 2016 – Margot Honecker, Oos-Duitse politikus (* 1927).