in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
9 April is die 99ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (100ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 266 dae in die jaar.
193 – Septimius Severus word keiser in Rome .
1256 – Pous Alexander IV rig die orde van die kluisenaars van die heilige Augustinus op met die bul Licet Ecclesiae Catholicae .
1388 – Veldslag van Näfels . Die boere van Glarus oorwin ´n 5000 man sterke Oostenrykse leer wat Glarus by Näfels wil binneval. Na die veldslag sluit Oostenryk ´n twintig-jarige vredesverdrag met die Switserse Bondgenootskap .
1555 – Pous Marcellus II volg Pous Julius III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk .
1657 – Pous Alexander VII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Flavio Chigi, senior en Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX ).
1682 – Robert de LaSalle ontdek die monding van die Mississippi-rivier en eien dit toe vir Frankryk en noem dit Louisiana .
1830 – Die eerste uitgawe van die eerste Hollandse koerant aan die Kaap, De Zuid-Afrikaan , verskyn.
1916 – Eerste Wêreldoorlog : Slag van Verdun - Duitse magte begin hulle derde offensief van die oorlog .
1917 – Eerste Wêreldoorlog: Slag van Arras - Die slag begin met Kanadese troepe wat 'n massiewe aanval op die Vimy-rif loods.
1940 – Tweede Wêreldoorlog : Duitsland val Denemarke en Noorweë binne.
1942 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van Bataan - Magte van die Verenigde State gee oor op die Bataan-skiereiland .
1945 – Die Sowjet-Russiese beleg van die Duitse stad Koningsberg in Oos-Pruise kom tot ´n einde toe Generaal Otto Lasch, die hoof van die Duitse garisoen kapituleer.
1947 – Die Glazier-Higgins-Woodward-tornado is verantwoordelik vir die dood van 181 mense, en die besering van 970 in Texas , Oklahoma , en Kansas .
1959 – Nasa kondig die Mercury-sewe aan.
1967 – Die eerste Boeing 737 (100-reeks) se eerste vlug.
1991 – Georgië verklaar sy onafhanklikheid van die Sowjet-Unie .
1992 – Manuel Noriega word op agt klagtes skuldig bevind.
1999 – Ismail Omar Guelleh verkies tot president van Djiboeti .
1999 – Niger se President, Ibrahim Baré Maïnassara , vermoor.
2002 – Die Koningin-Moeder van die Verenigde Koninkryk , Elizabeth Bowes-Lyon se begrafnis in die Westminster-abdy .
2003 – Irakse Oorlog : Die Ba’ath-regime gelei deur Saddam Hussein in Irak verwyder.
1336 – Timoer , ’n 14de-eeuse Turks -Mongoolse krygsheer en die stigter van die Timoeridiese Ryk († 1405 ).
1806 – Isambard Kingdom Brunel , Britse ingenieur († 1859 ).
1830 – Eadweard Muybridge , Britse fotograaf († 1904 ).
1835 – Koning Leopold II van België († 1909 ).
1860 – Emily Hobhouse , Britse menseregteaktivis († 1926 ).
1898 – Paul Robeson , Amerikaanse sanger en akteur († 1976 ).
1908 – Victor Vasarely , skilder († 1997 ).
1912 – Lew Kopelew , Russiese skrywer († 1997 ).
1919 – J. Presper Eckert , Amerikaanse elektroniese ingenieur († 1995 ).
1926 – Hugh Hefner , Amerikaanse tydskrifuitgewer († 2017 ).
1928 – Tom Lehrer , Amerikaanse komponis, satiris en wiskundige.
1932 – Carl Perkins , Amerikaanse sanger en kitaarspeler († 1998 ).
1933 – Jean-Paul Belmondo , Franse akteur.
1937 – Avril Malan , Suid-Afrika se nege-en-twintigste Springbokkaptein .
1944 – Leila Khaled , Palestynse vliegtuigkaper.
1954 – Dennis Quaid , Amerikaanse akteur.
1954 – Iain Duncan Smith , Britse politikus.
1957 – Seve Ballesteros , Spaanse gholfspeler († 2011 ).
1979 – Ryan Cox , Suid-Afrikaanse fietsryer († 2007 ).
1980 – Lindiwe Mazibuko , Suid-Afrikaanse politikus.
491 – Zeno , keiser van Bisantium (* 425 )
715 – Pous Konstantyn , 88ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 664 ).
879 – Lodewyk die Stamelaar , Koning van Frankryk (* 846 ).
1024 – Pous Benedictus VIII , 143ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ~980 ).
1483 – Koning Edward IV van Engeland (* 1442 ).
1492 – Lorenzo de’ Medici , politikus (* 1149 ).
1553 – Francois Rabelais , Franse skrywer (* ~1494 ).
1626 – Francis Bacon , Britse staatsman, filosoof, wetenskaplike en skrywer (* 1561 ).
1959 – Frank Lloyd Wright , Amerikaanse argitek (* 1867 ).
1963 – Eddie Edwards , Amerikaanse jazztromboonspeler (* 1891 ).
1976 – Phil Ochs , Amerikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1940 ).
1991 – Martin Hannett , Britse platevervaardiger (* 1948 ).
2002 – Leopold Vietoris , Oostenrykse wiskundige (* 1891 ).
2013 – Paolo Soleri , Italiaans-Amerikaanse argitek (* 1919 ).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 April .