1976
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 1976 |
| ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1971 | 1972 | 1973 | 1974 | 1975 | ◄ 1976 ► | 1977 | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Operasie Savannah | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 1976 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 76ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se televisiediens begin in Julie.
- Die Mediese Universiteit van Suider-Afrika (MEDUNSA) naby Pretoria word gestig.
- 4-15 Februarie – Die twaalfde Olimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.
- 21-28 Februarie – Die eerste Paralimpiese Winterspele word in Örnsköldsvik, Swede, aangebied.
- 27 Februarie – Die Polisario verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laâyoune as hoofstad.
- 18 Maart – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot, die SAS Maria van Riebeeck, in gebruik.
- 24 Maart – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep.
- 26 Maart – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk stuur die eerste koninklike e-pos.
- 1 April – Die rekenaarmaatskappy Apple Computer word gestig deur Steve Jobs en Steve Wozniak.
- 5 April – James Callaghan word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 16 Junie – Die Soweto-opstand begin in Suid-Afrika.
- 22 Junie – Die Kanadese laerhuis skaf die doodstraf af.
- 26 Junie – Die CN-toring in Toronto, die wêreld se hoogste vrystaande gebou, word geopen.
- 29 Junie - Die Republiek van Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 2 Julie – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam as Viëtnam. Saigon word na Ho Chi Minh-stad hernoem.
- 4 Julie – Israeliese valskermsoldate bevry 103 gyselaars wat deur Palestynse vliegtuigkapers in Entebbe, Uganda, aangehou word tydens Operasie Entebbe.
- 17 Julie-1 Augustus – Die 21ste Olimpiese Somerspele word in Montreal, Kanada, aangebied.
- 3-11 Augustus – Die vyfde Paralimpiese Somerspele word in Toronto, Kanada, aangebied.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 3 Julie – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein.
- 5 Julie – Nuno Gomes, Portugese sokkerspeler.
- Annanias Mathe, Suid-Afrikaanse reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek († 2016).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 12 Januarie – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890).
- 23 Januarie – Paul Robeson, Amerikaanse sanger, akteur, advokaat en aktivis (* 1898).
- 11 Mei – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898).
- 5 April – Howard Hughes, Amerikaanse lugvaartpionier en filmregisseur (* 1905)
- 16 Junie – Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die Soweto-opstand geskiet is (* 1961).
- 16 Junie – Hector Pieterson en vele ander jeugdiges tydens die Soweto-opstand van 1976 (* 1964).
- 25 Junie – Johnny Mercer, Amerikaanse liedjieskrywer (* 1909).
- 4 Desember – Benjamin Britten, Engelse komponis, dirigent en pianis (* 1913).
- Onbekend – Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) (* 1903).