in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders |
 |
| Lothar von Trotha, die Duitse bevelhebber in Suid-Wes |
|
|
Die jaar 1904 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 4de jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
- 22 Januarie – George Balanchine, Russiese danser († 1983)
- 24 Januarie – Breytie Breytenbach, eerste hoofdirekteur van Truk († 1983).
- 4 Maart – Joseph Schmidt, Joodse tenoor en akteur († 1942).
- 6 April – Kurt Georg Kiesinger, Duitse regsgeleerde, politikus en bondskanselier († 1988).
- 11 Mei – Salvador Dalí, Spaanse surrealistiese skilder: The Persistence of Memory († 1989).
- 2 Junie – Johnny Weismuller, Amerikaanse swemmer en akteur – bekend vir sy rol as Tarzan († 1984)
- 26 Junie – Peter Lorre, Oostenryks-Amerikaanse akteur († 1964).
- 5 Julie – Ernst Mayr, Duitse bioloog († 2005).
- 11 Julie – Anna Rothmann, 'n Afrikaanse skrywer en die dogter van M.E.R. († 2000).
- 20 September – P.J. Schoeman, 'n Afrikaanse skrywer († 1988).
- 11 November – PK le Roux, Suid-Afrikaanse politikus († 1985).
- 9 Januarie – Alf Richards, Suid-Afrika se derde Springbokkaptein (* 1867).
- 8 Februarie – Stephanus Postma, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1865).
- 1 Mei – Antonín Dvořák, Tsjeggiese komponis (* 1841).
- 10 Mei – Henry Morton Stanley, Wallies-Amerikaanse ontdekkingsreisiger en joernalis (* 1841).
- 14 Julie – Paul Kruger, Transvaalse staatsman, President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1825).
- 29 Augustus – Murat V, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1840)
- 31 Oktober – Charles Murray, NG Kerk predikant en vierde seun van ds. Andrew Murray sr. (* 1833).
- 1 November – Willem Eduard Bok, Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg vernoem is (* 1846).