in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders
Evita Perón
Die jaar 1952 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 52ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
23 Januarie – Omar Henry , Suid-Afrikaanse krieketspeler.
13 April – Kerneels Breytenbach , is 'n Afrikaanse skrywer.
1 Mei – Pierre van Pletzen , Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
11 Mei – Reza de Wet , 'n Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2012 ).
4 Junie – Bronisław Komorowski , president van Pole .
4 Julie – Álvaro Uribe Vélez, president van Colombia .
6 Julie – Hilary Mantel , Engelse skryfster.
22 Julie – Lucas Maree , Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2011 ).
2 September – Regardt van den Bergh , Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
2 September – Jimmy Connors, Amerikaanse tennisspeler.
16 September – Karen Muir , Suid-Afrikaanse swemmer en die jongste persoon om 'n wêreldrekord op te stel en wel in die 110 treë-rugslag (tans 100 m) († 2013 ).
25 September – Christopher Reeve , Amerikaanse akteur, rolprentregisseur, -vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer en aktivis († 2004 ).
7 Oktober – Vladimir Poetin , president en premier van Rusland .
12 Oktober – Sally Little, Amerikaanse gholfspeler, Suid-Afrikaans van geboorte.
23 Oktober – Antjie Krog , Suid-Afrikaanse digter, akademikus en skrywer.
31 Oktober – Danie Niehaus , Suid-Afrikaanse sanger.
17 November – Freek Robinson , Suid-Afrikaanse joernalis en TV-aanbieder.
17 November – Hubert von Goisern , Oostenrykse sanger, liedjieskrywer en wêreldmusikant.
1 Desember – Sonja Herholdt , Suid-Afrikaanse sangeres.