1 Desember
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| << | Desember 2016 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | 2 | 3 | ||||
| 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
| 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
| 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
| 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
| Al die dae | ||||||
1 Desember is die 335ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (336ste in skrikkeljare). Daar volg nog 30 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1185 – Pous Urbanus III word gekroon.
- 1390 – Angelo Correr (later Pous Gregorius XII) word aangestel as Latynse Patriarg van Konstantinopel.
- 1505 – Pous Julius II stel nege nuwe kardinale aan waaronder weer (soos in 1503) twee familielede.
- 1640 – Johan IV word tot Koning van Portugal verklaar wat tot 'n oorlog met Spanje lei.
- 1681 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-biskop van Sabina.
- 1717 – Pous Clemens XI verklaar die sewe stigters van die Serviete-orde salig.
- 1822 – Pedro I word as die eerste keiser van Brasilië gekroon.
- 1838 – In die Kaapkolonie word slawe vrygestel. Dit reën vir drie dae in die winterreënvalgebied wat aanleiding gee tot die term slawereëntjie vir reën in die middel van die somer.
- 1925 – Switserland onderteken die verdrag van Locarno in Londen.
- 1934 – Die Groot Suiwering begin in Rusland.
- 1955 – Rosa Parks weier om haar sitplek op 'n bus aan 'n wit man af te staan en word in hegtenis geneem vir oortreding van rassesegregasiewette in Montgomery, Alabama wat aanleiding gee tot die Montgomery Busboikot.
- 1958 – Die kolonie van Ubangi-Shari word 'n outonome gebied binne die Franse Gemeenskap en neem die naam Sentraal-Afrikaanse Republiek aan.
- 1969 – Cape Argus word The Argus. Die naam het sedertdien weer Cape Argus geword.
- 1974 – 'n Boeing 727 verongeluk in swak weer by Washington Dulles Internasionale Lughawe en 92 mense sterf.
- 1990 – Channeltonnelwerkers van die Verenigde Koninkryk en Frankryk ontmoet 40 meter onder die Engelse kanaal seebodem wat die eerste grondverbinding tussen die eiland van Groot-Brittanje en die vasteland van Europa daar stel sedert die laaste ystydperk.
- 1991 – Die Oekraïne verkry sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
- 1998 – Die Suid-Afrikaanse Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997 tree in werking.
- 2015 – De Beers verkoop al hulle oorblywende myne in Kimberley aan Petra Diamonds vir R102 miljoen.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1935 – Woody Allen, 'n Amerikaanse draaiboekskrywer, regisseur en akteur.
- 1952 – Sonja Herholdt, Suid-Afrikaanse sangeres.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1521 – Pous Leo X, die 217de pous van die Rooms-Katolieke Kerk aan malaria in Rome (* 1475).
- 2007 – Elisabeth Eybers, Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys (* 1915).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
- Wêreldvigsdag (Internasionaal)
| Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 December. |