Arabies
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Arabiere.
Arabies (العَرَبِية, al-ʻarabiyyah [alʕaraˈbijja] luister (hulp·inligting) of عربي ,عربى ʻarabī [ˈʕarabiː] luister (hulp·inligting)) is die taal van die Arabiere, wat ook die hooftaal in Noord-Afrika, die Midde-Ooste en die Horing van Afrika is.[2] Dit is 'n Semitiese taal wat deur 242 miljoen mense as hulle moedertaal beskou word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal aangewend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken. Arabies is die amptelike taal van 28 lande, die derde meeste naas Engels en Frans. Daarbenewens is dit 'n belangrike minderheidstaal in lande soos Iran en Turkye. Arabies word in die Arabiese alfabet geskryf.
Arabies bevat verskeie dialekte, waarvan Egiptiese Arabies die belangrikste is. Byna elke Arabiestalige land beskik oor sy eie dialek. As gevolg van die Arabiese diaspora se verspreiding het die Arabiese taal ook in lande soos Argentinië, Brasilië, Frankryk, Italië en Spanje gevestig.
Arabies is die liturgiese taal van die Islam en byna elke Moslem verstaan Arabies en kan die Arabiese alfabet lees. Dit was die profeet Mohammed se moedertaal en die Koran is in Arabies geskryf. Daarbenewens gebruik Arabiese Christene ook Arabies en Maltees, die amptelike taal van die meerendeels Rooms-Katolieke Malta, het uit 'n Arabiese dialek ontwikkel.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) “Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Arabic”. Ethnologue. URL besoek op 19 April 2016.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Arabies.
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Arabies.
| Sien Arabies in Wiktionary, die vrye woordeboek. |