Mali
|
|||||
| Nasionale leuse: Un peuple, un but, une foi (Frans vir: "Een volk, een doel, een geloof") |
|||||
| Volkslied: Le Mali[1] | |||||
| Hoofstad | Bamako | ||||
| Grootste stad | Bamako | ||||
| Amptelike tale | Frans | ||||
| Regering | Unitêre semi-presidensiële republiek Ibrahim Boubacar Keïta Abdoulaye Idrissa Maïga |
||||
| Onafhanklikheid | 20 Junie 1960 22 September 1960 |
||||
| Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 240 192 km2 (23ste) 478 839 myl2 1,6 |
||||
| Bevolking - 2009-sensus - Digtheid |
14 517 176[2] 11,7 / km2 (215de) 30,3 / myl2 |
||||
| BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2012-skatting |
||||
| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2012-skatting |
||||
| MOI (2015) | |||||
| Gini (2010) | 33,0[5] – medium | ||||
| Geldeenheid | CFA-frank (XOF) |
||||
| Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) |
||||
| Internet-TLD | .ml | ||||
| Skakelkode | +223 | ||||
| a. saam met Senegal binne die Mali-Federasie. | |||||
Mali (Frans: [maˈli]), amptelik die Republiek van Mali (Frans: République du Mali), is 'n landingeslote land in Wes-Afrika. Dit het die tweede grootste grondgebied van al die lande in Wes-Afrika. Dit grens aan Algerië in die noorde, Niger in die ooste, Burkina Faso en Ivoorkus in die suide, Guinee in die suidweste, en Senegal en Mauritanië in die weste. Die land se reguit grense aan die noorde strek tot in die middel van die Saharawoestyn, terwyl die land se suide, waar die meeste inwoners woon, die Niger en Sénégalriviere insluit. Dit het in 'n stadium bekendgestaan as Frans-Soedan, maar is later herdoop tot die Maliryk.
Inhoud
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die Mandémense vestig hulle in die Sahel (insluitende hedendaagse Mali) en vorm 'n reeks Sahelkoninkryke wat die Ghanaryk, die Maliryk, en die Songhairyk insluit. Timboektoe was 'n sleutelstad in hierdie ryke as 'n buitepos vir trans-Saharahandel en 'n middelpunt vir geleerdheid. Die Songhairyk kwyn onder 'n Marokkaanse inval in 1591.
Mali word van 1880 deur Frankryk binnegeval, wat dit as 'n oorsese department van Frankryk annekseer. Die kolonie, wat met tye ook naburige lande ingesluit het, het as Frans-Soedan of die Soedannese Republiek bekend gestaan. In die begin van 1959 word die unie van Mali en Senegal die Mali-Federasie, wat onafhanklikheid van Frankryk verkry op 20 Junie 1960. Senegal onttrek na 'n paar maande uit die Mali-Federasie. Die Republiek van Mali, onder Modibo Keïta, onttrek uit die Franse Gemeenskap op 22 September 1960.
Mali is van onafhanklikheid tot 1991 deur 'n reeks diktators regeer. Anti-regeringsbetogings in 1991 lei tot 'n staatsgreep, 'n tussentydse regering, en 'n nuwe grondwet. In 1992 wen Alpha Oumar Konaré Mali se eerste demokratiese, veelparty presidensiële verkiesing. Met sy herverkiesing in 1997, druk President Konaré politiese en ekonomiese hervormings deur en beveg korrupsie. In 2002 word hy in 'n demokratiese verkiesing opgevolg deur Amadou Toumani Touré, wat 'n sleutel figuur in die 1991 demokratiese opstand was.
Politiek[wysig | wysig bron]
Mali se Grondwet maak voorsiening vir 'n veelpartydemokrasie, met die enigste beperking 'n verbod op partye gegrond op etniese, godsdiens, streeks- of geslagslyne. Die Nasionale Vergadering is die enigste wetgewende vertakking van die regering. Dit bestaan tans uit 147 lede. Verteenwoordiging word toegedeel volgens die bevolking van administratiewe distrikte. Die regering het 'n vyfjaartermyn.
Gebiede[wysig | wysig bron]
Mali word verdeel in nege gebiede (regions), insluitend die hoofstaddistrik van Bamako:
Geografie[wysig | wysig bron]
Mali word deur land omring en het 'n subtropiese tot droë klimaat. Dit is meestal plat en styg na golwende sandbedekte heuwels in die noordelike vlaktes en savanne om die Nigerrivier in die suide. Die heuwels van die Air Massif en Djado Plateau lê in die noordooste. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn, wat 'n warm, stof-belaaide harmattan dynserigheid veroorsaak, wat algemeen voorkom tydens die droë seisoen, en herhaalde droogtes veroorsaak. Die nasie het aansienlike natuurlike hulpbronne, met goud, uraan, fosfate, kaolien, tafelsout en kalksteen wat die meeste ontgin word.
Daar word beraam dat Mali in die natter gedeeltes die potensiaal het om 'n groot rysprodusent te word, maar ontwikkeling van hierdie sektor het nog nie plaasgevind nie. Ander produkte wat van belang is, is grondboontjies, wat op kleiner skaal verbou word.
Twee groot riviere in Mali is die Nigerrivier, wat deur die hoofstad Bamako noordoos tot in die Niger loop, voor dit suid draai deur Nigerië tot in die Atlantiese Oseaan, en die Sénégalrivier wat weswaart vloei tot in Senegal. Die voormalige Maliese hoofstad Kayes is om die oewers van die Sénégalrivier gebou. 'n Indrukwekkende waterval, die Gouina-waterval, kom oos van Kayes voor.
Ekonomie[wysig | wysig bron]
Mali is onder die armste land ter wêreld, met 65% van die land se grondgebied woestyn of halfwoestyn. Ekonomiese bedrywighede is hoofsaaklik beperk tot die oewergebied besproei deur die Nigerrivier. Ongeveer 10% van die bevolking is nomadies en sowat 80% van die arbeidsmag is betrokke by boerdery of vissery. Nywerheidsaktiwiteite is gefokus op die verwerking van boerderyprodukte. Mali is totaal afhanklik van buitelandse hulpverlening en is blootgestel aan skommelings in wêreldpryse vir katoen, die land se hoofuitvoerproduk.
In 1997 sit die land die suksesvolle implementering van 'n Internasionale Monetêre Fonds-aanbevole strukturele aanpassingsprogram voort wat die land help om te groei, diversifiseer en buitelandse beleggings te lok. Mali se volging van ekonomiese hervorming, en die 50% devaluasie van die CFA-frank in Januarie 1994, het ekonomiese groei bevorder. Verskeie multinasionale maatskappye brei goudmynbou-werksaamhede in 1996–1998 uit, en die regering verwag dat Mali 'n belangrike goudprodusent in Afrika suid van die Sahara sal word in die volgende paar jaar. Groot goudmyne sluit SEMOS ('n vennootskap tussen Anglogold Ashanti, Iamgold en die Maliregering) se Sadiola Hill-goudmyn, Yatela-goudmyn in die weste, en Morilla in die sentrale gedeelte van die land in.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (fr) Presidency of Mali: Symboles de la République, L'Hymne National du Mali. Koulouba.pr.ml. Besoek op 14 April 2017.
- ↑ (fr) "Mali preliminary 2009 census". Institut National de la Statistique. Verkry op 15 Januarie 2015.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Mali". Internasionale Monetêre Fonds. Verkry op 14 April 2017.
- ↑ (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Verkry op 14 April 2017.
- ↑ (en) "Gini Index". Wêreldbank. Verkry op 14 April 2017.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Mali. |
Regering[wysig | wysig bron]
- The Embassy of Mali in Washington DC regeringsinligting en skakels
Nuus[wysig | wysig bron]
Oorsigte[wysig | wysig bron]
- BBC News Country Profile – Mali
- CIA World Factbook – Mali
- United Nations Human Rights – Mali – dateer uit 1997
- Mali Folkecenter – Mali van 'n organisasie wat hulle beywer vir die onderhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne.
Gidse[wysig | wysig bron]
- LookSmart – Mali
- Open Directory Project – Mali
- Stanford University – Africa South of the Sahara: Mali
- The Index on Africa – Mali
- University of Pennsylvania – African Studies Center: Mali
- Yahoo! - Mali
Musiek[wysig | wysig bron]
- Cora Connection West African music resources
Toerisme[wysig | wysig bron]
- Toerismeïnligting oor Mali op Wikivoyage
- amptelike toerismewebwerf