Die jaar 1986 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 86ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
26 April – 'n Ongeluk by die Tsjernobil-kernkragstasie in die Oekraïne veroorsaak die ergste kernkragramp tot nog toe. 31 mense sterf as 'n direkte gevolg van die ongeluk en duisende meer word blootgestel aan hoë vlakke van radioaktiwiteit.
27 April – John R. MacDougall stuur 'n boodskap op die Home Box Office-kanaal met 'n sterk sein na die Galaxy 1 satelliet.
27 Junie – Die Internasionale regshof vel teen die VSA in Nicaragua vs. Verenigde State van Amerika.
8 Julie – Suid-Afrika se Swart Federasie van Kamers van Koophandel (Nafcoc) besluit om die internasionale veldtog teen beleggings in die land te steun.
16 Julie – Die Suid-Afrikaanse straalvegter, die Cheetah, word bekend gestel.
29 Julie – Suid-Afrika is die hoofbesprekingspunt by die Organisasie van Afrika-eenheid-beraad, wat in Addis Abeba, Ethiopië begin. – Nadat President Machel sedert die onafhanklikwording van Mosambiek in 1975 as President sowel as Eerste minister gefungeer het, word Mario da Graca Machungo as die land se Eerste premier ingehuldig.
2 Augustus – Vier mense sterf ná 'n bomontploffing in 'n slaghuis in Walvisbaai.
17 Augustus – Twee landmynontploffings in die Nelspruit-omgewing eis ses menselewens.