1933
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 1933 |
| ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1928 | 1929 | 1930 | 1931 | 1932 | ◄ 1933 ► | 1934 | 1935 | 1936 | 1937 | 1938 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Die nuwe Führer | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 1933 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 5 Januarie – Bouwerk begin aan die Golden Gate-brug in San Franciscobaai.
- 30 Januarie – Adolf Hitler word rykskanselier van die Duitse Ryk.
- 8 Februarie – Die Boeing 247 onderneem sy eerste vlug.
- 19 April – Franklin D. Roosevelt kondig aan dat die VSA weg beweeg van die goudstandaard.
- 26 April – Die Gestapo word in Duitsland gevorm.
- 8 Julie – Die eerste rugbytoets tussen die Wallabies van Australië en die Springbokke van Suid-Afrika word op Nuweland in Kaapstad gespeel.
- 20 Julie – Pous Pius XI sluit 'n konkordaat met Duitsland.
- 27 Augustus – Die eerste volledige Bybel in Afrikaans word in gebruik geneem.
- 25 September – Die Afsluitdyk word in Nederland amptelik geopen.
- Chicago tree as gasheerstad van die Century of Progress-wêreldtentoonstelling op.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 10 Maart – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman († 2016).
- 28 Maart – Cobus Rossouw, Suid-Afrikaanse akteur.
- 19 Mei – Edward de Bono, Maltees gebore skrywer.
- 13 Junie – Verna Vels, Afrikaanse skryfster en omroeper († 2014).
- 25 Junie – James Meredith, aktivis.
- 9 Julie – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer († 2015).
- 7 Augustus – Wilma Stockenström, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise.
- 2 September – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land († 2015).
- 15 September – Rubem Alves, Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis († 2014).
- 19 September – Ingrid Jonker, Afrikaanse digteres († 1965).
- 29 September – Samora Machel, president van Mosambiek en die leier van FRELIMO († 1986).
- 27 Oktober – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer († 2016).
- 28 Oktober – Constand Laubscher Viljoen, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en stigter van die Vryheidsfront.
- 23 Desember – Akihito, 125ste keiser van Japan.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 5 Januarie – Calvin Coolidge, 30ste President van die Verenigde State (* 4 Julie 1872)
- 6 Februarie – Charles Wynand Malan, Suid-Afrikaanse politikus (* 1883).
- 23 Augustus – Adolf Loos, Oostenrykse argitek en invloedryke teoretikus van moderne boukuns (* 1870).
- 29 Oktober – Rudolph Lewis, eerste Suid-Afrikaner wat 'n Olimpiese goue medalje in fietsry kon wen (* 1887).
- 8 Desember – Karl Jatho, Duitse vliegtuigpionier (* 1873).
- Charles Wynand Malan, Suid-Afrikaanse politikus (* 1883).