2016
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 2016 |
| ◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2011 | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | ◄ 2016 ► | 2017 | 2018 | 2019 | 2020 | 2021 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Referendum in die VK oor sy verblyf in die EU. | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 2016 is 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dis is die 16de jaar van die 21ste eeu n.C. en in teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Nederland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Luxemburg oor.
- 1 Januarie – Die aantal Franse geweste word amptelik van 27 tot 18 verminder.
- 26 Februarie – Gianni Infantino word FIFA se nuwe president.
- 3–24 Maart – Referendum oor die vlag van Nieu-Seeland.
- 7 Maart – Die motorvervaardiger BMW vier sy honderdste verjaarsdag.
- 19 Maart – 'n Boeing 737-800 van die lugredery FlyDubai stort neer en ontplof tydens 'n tweede landingspoging in Rostof aan die Don, Rusland. Al 55 passasiers en ses bemanningslede is op slag dood.
- 24 Maart – Tydens die referendum oor die vlag van Nieu-Seeland stem die bevolking teen die goedkeuring van ’n nuwe nasionale vlag en ten gunste van die huidige nasionale vlag wat sedert 1902 gebruik word.
- 3 April – Die Panama-verslag word vrygestel.
- 5 Mei – Hemelvaartsdag.
- 8 Mei – Moedersdag.
- 9 Mei – Oorgang van Mercurius.
- 22 Mei – Opposisie van die planeet Mars.
- 10 Junie–10 Julie – Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 word in Frankryk aangebied.
- 23 Junie – In die derde referendum in die geskiedenis van die Verenigde Koninkryk stem kiesers teen die land se voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie.
- 1 Julie – Slowakye neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Nederland oor.
- 1 Julie – Letland sluit by die OESO aan.
- 3 Augustus – Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016.
- 5 Augustus – Die Olimpiese Somerspele 2016 begin in Rio de Janeiro, Brasilië.
- 21 Augustus – Afsluiting van die Olimpiese Somerspele 2016.
- 4 September – Moeder Teresa word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
- 7 September – Openingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2016.
- 18 September – Afsluiting van die Paralimpiese Somerspele 2016.
- 8 November – Die Republikein Donald Trump wen die Amerikaanse presidentsverkiesing teen die Demokraat Hillary Clinton.
- 30 November – Die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC) verander die name van die chemiese elemente 113, 115, 117 en 118 tot nihonium (Nh), moskovium (Mc), tennessien (Ts) en oganesson (Og) onderskeidelik.
Geboortes[wysig | wysig bron]
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 10 Januarie – David Bowie, Britse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1947).
- 14 Januarie – Alan Rickman, Britse akteur (* 1946).
- 26 Januarie – Colin Vearncombe, beter bekend onder sy verhoognaam Black, Engelse sanger en liedjieskrywer (* 1962).
- 4 Februarie – Edgar Mitchell, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930).
- 13 Februarie – Antonin Scalia, regter van die hooggeregshof van die Verenigde State (* 1936).
- 15 Februarie – Ernst de Jong, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1934).
- 16 Februarie – Boutros Boutros-Ghali, Egiptiese politikus en sesde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1922).
- 18 Februarie – Klippies Kritzinger, Springbokrugbyspeler (* 1948).
- 19 Februarie – Umberto Eco, Italiaanse skrywer en filosoof (* 1932).
- 19 Februarie – Harper Lee, Amerikaanse skryfster van To Kill a Mockingbird en Pulitzerprys-wenner (* 1926).
- 22 Februarie – Dr. Annique Theron, sakevrou en stigter van Annique (* 1929).
- 22 Februarie – Kupido, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1953).
- 23 Februarie – Dr. Anton Prinsloo, Afrikaanse taalwetenskaplike en skrywer (* 1941).
- 24 Februarie – Leon Rousseau, Afrikaanse skrywer en uitgewer (* 1931).
- 6 Maart – Nancy Reagan, Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State (* 1921).
- 18 Maart – Guido Westerwelle, Duitse politikus (* 1961).
- 24 Maart – Johan Cruijff, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter (* 1947).
- 28 Maart – Jo Onderstall, Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige (* 1929).
- 31 Maart – Hans-Dietrich Genscher, Duitse politikus (* 1927).
- 31 Maart – Zaha Hadid, Brits-Irakkese argitek (* 1950).
- 21 April – Prince, Amerikaanse popster (* 1958).
- 21 April – Dene Smuts, Suid-Afrikaanse tydskrifredakteur en parlementslid (* 1949).
- 26 April – Ken Higgins, Suid-Afrikaanse pianis (* 1936).
- 2 Mei – Nelie Smith, Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se een-en-dertigste Springbokkaptein (* 1934).
- 6 Mei – Margot Honecker, Duitse politikus (* 1927).
- 11 Mei – Winnie Rust, Afrikaanse skrywer (* 1939).
- 3 Junie – Muhammad Ali, voormalige Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen (* 1942).
- 25 Junie – Wille Martin, Afrikaanse skryfster (* 1934).
- 25 Junie – Adam Small, Afrikaanse digter en dramaturg (* 1936).
- 27 Junie – Bud Spencer, Italiaanse akteur (* 1929).
- 27 Junie – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer (* 1928).
- 29 Junie – Margaret Bakkes, Afrikaanse skrywer (* 1931).
- 29 Junie – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer (* 1933).
- 18 Julie – Lofty Nel, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler (* 1935).
- 15 Augustus – Makhenkesi Stofile, Suid-Afrikaanse politikus (* 1944).
- 16 Augustus – João Havelange, Brasiliaanse sportbestuurder en FIFA se sewende president (* 1916).
- 22 Augustus – Toots Thielemans, Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler (* 1922).
- 8 September – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1965).
- 18 September – Mandoza, Suid-Afrikaanse kwaito-musikant (* 1978).
- 19 September – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman (* 1933).
- 4 Oktober – Gideon Toury, Israelse taalkundige (* 1942).
- 9 Oktober – Andrzej Wajda, Poolse teater- en filmregisseur (* 1926).
- 13 Oktober – Bhumibol Adulyadej, koning van Thailand (* 1927).
- 20 Oktober – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres (* 1934).
- 1 November – Nico Carstens, Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier (* 1926).
- 2 November – Jans Rautenbach, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, film-vervaardiger en regisseur (* 1936).
- 3 November – Clive Derby-Lewis, voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid (* 1936).
- 4 November – Dot Serfontein, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1925).
- 7 November – Leonard Cohen, Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer (* 1934).
- 15 November – Sixto Durán Ballén, Ecuadoriaanse politikus en voormalige president (1992–1996) (* 1921).
- 16 November – Jay Forrester, Amerikaanse digitale rekenaarbaanbreker (* 1918).
- 25 November – Fidel Castro, Kubaanse rewolusionêr en staatsman (* 1926).
- 25 November – Trevor Goddard, voormalige Springbok krieketkaptein (* 1931).
- 8 Desember – John Glenn, Amerikaanse ruimtevaarder, politikus en Marinierskorpsvegvlieënier (* 1921).
- 18 Desember – Zsa Zsa Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise (* 1917).
- 25 Desember – George Michael, Britse popster (* 1963).
- 27 Desember – Annanias Mathe, Suid-Afrikaanse reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek (* 1976).
- 28 Desember – Judith Mason, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1938).
- 31 Desember – Dmitri Romanowitsj Romanof, Russiese prins, bankier, filantroop en skrywer (* 1926).