2007
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 2007 |
| ◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2002 | 2003 | 2004 | 2005 | 2006 | ◄ 2007 ► | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | 2012 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Helen Zille, burgemeester van Kaapstad | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 2007 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 7de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Springbokke nadat hulle in 2007 as die wêreldkampioene gekroon is.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Bulgarye en Roemenië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lidstate van die Europese Unie en die Euro word ingelei in Slowenië. Albanië, Bosnië-Herzegowina, Kosowo, Moldowa, Montenegro en Serwië sluit by die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms aan.
- 14 Februarie – Die Valentynsdag-blizzard in die noordooste van die VSA met die swaarste sneeuvalle in sowat vier dekades eis dertien menselewens.
- 21 Maart – Op die internasionale dag teen rassisme van die Verenigde Nasies het die Vlaamse swart politikus Wouter Van Bellingen 626 paartjies in die eg verbind.
- 6 Mei – Helen Zille, burgemeester van Kaapstad, word met ’n meerderheid van 73% verkies tot leier van die DA.
- 17 Mei – Hemelvaartsdag.
- 24 Mei – Sandra Botha word verkies tot leier van die DA in die parlement.
- 30 Mei – Anthe, Saturnus se 60ste natuurlike satelliet, word ontdek danksy foto's deur die Cassini-Huygens-ruimtetuig.
- 1 Junie – 27 dae lange staatsdiensstaking begin, die grootste staking sedert die demokratiese verkiesing in 1994.
- 15 Augustus – Pous Benedictus XVI verklaar dat daar geen beswaar ("nihil ostare") is teen die begin van die saligverklaringsproses vir Pous Pius VII nie.
- 7 September-20 Oktober – Die Rugbywêreldbeker 2007 word in Frankryk aangebied.
- 28 Oktober – Cristina Fernández de Kirchner word as die 55ste staatspresident van Argentinië – en tweede vrou na Isabel Perón wat hierdie amp beklee – verkies. Sy volg haar man Néstor as staatshoof op.
- 18 Desember – Jacob Zuma onttroon Thabo Mbeki as president van die ANC. Nie een van Mbeki se vertrouelinge word tot die ses topposte van die party verkies nie.
- 28 Desember – Jacob Zuma word amptelik aangekla; o.a. van bedrog, korrupsie, omkopery en swendelary.
Geboortes[wysig | wysig bron]
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 4 Januarie – Marais Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en vyfde Staatspresident van Suid-Afrika (1979–1984) (* 1915).
- 26 Januarie – David Rattray, Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1958).
- 17 Februarie – Jurga Ivanauskaitė, Litause skryfster, essayis, toneelskryfster, skilderes en digteres (* 1961).
- 6 Maart – Jean Baudrillard, Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof (* 1929).
- 8 Maart – Herman Ridderbos, Nederlandse dominee en teoloog (* 1909).
- 14 Maart – Gareth Hunt, Britse akteur (* 1942).
- 15 Maart – Fons de Haas, Nederlandse joernalis (* 1926).
- 17 Maart – Valère Vautmans, Belgiese politikus (* 1944).
- 18 Maart – Bob Woolmer, Engelse krieketspeler en -afrigter (* 1948).
- 31 Maart – Ds. Vidius Nel, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1924).
- 16 April – Hannah Botha, Afrikaanse aktrise (* 1923).
- 23 April – Boris Jeltsin, 1ste president van die Russiese Federasie (* 1931).
- 1 Mei – Emgee Pretorius, Afrikaanse akteur (* 1923).
- 8 Junie – Richard Rorty, Amerikaanse filosoof (* 1931).
- 11 Julie – Bill Flynn, Suid-Afrikaanse akteur (* 1948).
- 30 Julie – Ingmar Bergman, Sweedse teater- en rolprentregisseur (* 1918).
- 1 Augustus – Ryan Cox, Suid-Afrikaanse fietsryer (* 1979).
- 6 September – Luciano Pavarotti, Italiaanse tenoor (* 1935).
- 23 September – Dr. Jan van Elfen 'n skrywer van mediese boeke onder andere Dokter in die huis (* 1929).
- 25 Oktober – Patrick Mynhardt, Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur (* 1932).
- 16 November – Elize Botha, Suid-Afrikaanse akademikus (* 1930).
- 20 November – Ian Smith, Rhodesiese eerste minister (* 1919).
- 1 Desember – Elisabeth Eybers, Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys (* 1915).
- 27 Desember – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus (* 1953).