in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders |
 |
| Die Columbia land |
|
|
Die jaar 1996 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
- 1 Januarie – Slowenië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 19 Januarie – CAF se Afrikanasiesbeker skop af in Johannesburg, Suid-Afrika.
- 3 Februarie – Laaste wedstryd van die Afrikanasiesbeker word in Johannesburg gespeel en deur Suid-Afrika gewen.
- 17 Julie – Die Gemeenskap van Portugese Lande word deur Angola, Brasilië, Guinee-Bissau, Kaap Verde, Mosambiek, Portugal en São Tomé en Príncipe in Lissabon gestig.
- 19 Julie-4 Augustus – Die 26ste Olimpiese Somerspele word in Atlanta, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 4 Augustus – Josia Thugwane, is die eerste swart Suid-Afrikaanse atleet wat ’n goue Olimpiese medalje verwerf – tydens die Olimpiese Spele in Atlanta in die marathon.
- 15-26 Augustus – Die tiende Paralimpiese Somerspele word in Atlanta, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 5 November – Bill Clinton verslaan sy teenstander, Bob Dole, in die Amerikaanse presidentsverkiesing vir sy tweede ampstermyn.
- 7 Desember – Columbia keer terug na die aarde na 18 dae in die ruimte om sodoende die langste ruimtependeltuigvlug nog te voltooi.
- 28 Januarie – Joseph Brodsky, Russies-Amerikaanse digter en essayis (* 1940).
- 29 Januarie – Jamie Uys, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur (* 1921).
- 4 Februarie – Gerry Brand, Springbokrugbyspeler (* 1906).
- 9 Mei – Basil Kenyon Suid-Afrika se een-en-twintigste Springbokkaptein (* 1918).
- 2 Junie – Pilar Lorengar, Spaanse sopraan-operasanger (* 1928).
- 17 Junie – Thomas Kuhn, Amerikaanse akademikus (* 1922).
- 1 Augustus – Frida Boccara, Franse sangeres (* 1940).
- 13 September – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet (* 1971).
- 3 November – Jean-Bédel Bokassa, president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (* 1921).
- 20 Desember – Carl Sagan, ’n Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer (* 1934).