Skoenlapper
| Skoenlapper Tydperk: 56–0 m. jaar gelede |
||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Roespuntjonker (Siproeta epaphus), in Butterfly World, Florida | ||||||||||
| Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||
|
||||||||||
'n Skoenlapper is 'n kleurryke dagaktiewe insek met vier vlerke en twee dun voelhorings. Skoenlappers behoort tot die orde van vlinders (Lepidoptera), ook bekend as die skubvlerkiges.
Etimologie[wysig | wysig bron]
Die woord skoenlapper het sy oorsprong vanaf die Nederlandse woord schoenlapper, oorspronklik "skoenhersteller". Die woord is 'n samestelling van schoen (skoen) en lappen (lap) met die agtervoegsel -er. In Nederlands het die betekenis uitgebrei om die insek in te sluit. Die rede hiervoor is dat die lapplekke op skoene baie soos die bont vlerke van die insek gelyk het. Die eerste optekeninge in Afrikaans is deur Antoine Changuion (1844) in die vorm schoenlapper en deur Arnoldus Pannevis (1880) in die vorm skoenlapper.[1]
Hoofgroepe en voorbeelde[wysig | wysig bron]
Daar is tussen 17 000 en 19 000 gedokumenteerde soorte skoenlappers wêreldwyd.[2] Die totaal word dikwels verwring omdat taksonome verskil oor die vraag of 'n bepaalde takson 'n volle spesie of 'n subspesie is. Taksonome skat dat daar wêreldwyd ongeveer 1500 spesies is wat nog ontdek moet word.[2]
Die hoofgroepe, en sommige van hul welbekende voorbeelde sluit in:
- Riddervlinders, familie Papilionidae,
insluitend die eiesoortige Baronvlinder in subfamilie Baroniinae, die Apollovlinders in die subfamilie Parnassiinae, en die Swaelsterte en Voëlvlerke in die subfamilie Papilioninae- Koninginswaelstert, Papilio machaon
- Speseryswaelstert, Papilio troilus
- Lemoenvlinder, Papilio demodocus
- Voëlvlerke, genus Ornithoptera, die grootste vlinders
- Witjies, familie Pieridae,
insluitend die Kwagga, Lusernvlinder, Swerwers, Geletjies, Blaarswerwers, Arabiere, Rooi-, Geel-, Oranje- en Skarlakenpuntjies[3]- Afrikaanse swerwer Catopsilia florella
- Kleinwitjie, Pieris rapae
- Grasveldgeletjie, Eurema brigitta
- Grasveldwitjies, Belenois aurota aurota
- Groenaarwitjie, Pieris napi
- Gewone isebel, Delias eucharis
- Bloutjies, familie Lycaenidae,
insluitend die Kopervlerkies, Stertbloutjies, Kortstertjies, Saffiere en Skollies[4]- Brenton-bloutjie, Orachrysops niobe (bedreigd)
- Xerxesbloutjie, Glaucopsyche xerces (uitgestorwe)
- Karnerbloutjie, Lycaeides melissa samuelis (bedreigd)
- Rooipierrot, Talicada nyseus
- Swartstreep-kortstertjie, Anthene amarah
- Metaalvlerkies, familie Riodinidae
- Sleutelblomskoenlapper, Hamearis lucina
- Okerjuffertjie, Abisara echerius
- Vierpootskoenlappers, familie Nymphalidae,
insluitend die Melkbosvlinders, Bruintjies, Rooitjies, Dubbelsterte en ander- Bontsandogie, Pararge aegeria
- Dubbelsterte, genus Charaxes
- Geel-gesiggie, Junonia hierta
- Melkbosvlinder, Danaus chrysippus
- Morfovlinders, genus Morpho
- Padwagtertjie, Junonia orithya
- Sondagsrokkie, die kosmopolitaanse Vanessa cardui
- Ratsvlieërs, familie Hesperiidae,
insluitend die Konstabels, Dartelaars, Springertjies, Sandmannetjies, Swerwers, Dwaalesels, Ratsvlieërs[3] en Dikkoppies- Geel Hotnot, Gegenes niso
- Malvadikkoppie, Carcharodus alceae
- Sebulonratsvlieër, Poanes zabulon
Fotogalery[wysig | wysig bron]
-
'n Witjiesoort afgeneem in Butterfly World, Stellenbosch, Suid-Afrika
-
'n Bokogiesoort, Junonia villida, Australië
-
Bloumorfovlinder (Morpho didius)
-
Die Cairns-voëlvlerk, die grootste Australiese skoenlapper
-
Die Pouoog, Inachis io
-
Amerikaanse melkbosvlinder, Danaus plexippus
-
Grootvuurvlerk, Lycaena dispar, een van die Europese Kopervlerkies
-
Konstantynseswaelstert, Papilio constantinus
-
Geel Hotnot, Gegenes niso
-
Afrikaanse swerwer, Catopsilia florella
-
Geel-gesiggie, Junonia hierta
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Etimologiewoordeboek van Afrikaans; G.J. van Wyk e.a. (red.); Stellenbosch: Buro van die WAT, 2003.
- ↑ 2,0 2,1 "World Butterfly Census (data collated by Hoskins from sources including Tolman 1997, Larsen 2005, Lamas 2004, d'Abrera 2001, Scott 1992, Preston-Mafham 1988, McCubbin 1971, Eliot/Corbet & Pendlebury 1992, Shields 1989, Ackery 1995, funet 2014, BoldSystems 2014, LepIndex 2014)". Adrian Hoskins (www.learnaboutbutterflies.com). Verkry op 4 April 2017.
- ↑ 3,0 3,1 Butterflies of the Kruger National Park, J Kloppers en G van Son, 1978, Nasionale Parkeraad, ISBN 0-86953-021-6
- ↑ Skoenlapperlys, Landboutaalkomitee en Taaldiensburo, 1959, Staatsdrukker, Pretoria
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Butterflies. |