Sandro Botticelli
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| Sandro Botticelli | |
|---|---|
| Geboortenaam | Alessandro di Mariano di Vanni Filipepi |
| Gebore | ca. 1445 Florence, Italië |
| Sterf | 17 Mei 1510 (op 64–65) Florence, Italië |
| Nasionaliteit | Italiaans |
| Veld | Skildery |
| Opleiding | Filippo Lippi Andrea del Verrocchio |
| Beweging | Renaissance |
| Werke | Geboorte van Venus Primavera Aanbidding van die konings |
Sandro Botticelli (ca. 1445 - 17 Mei 1510) was 'n Italiaanse skilder van die Florentynse skool tydens die vroeë Renaissance. Na sy dood het sy reputasie versleg, maar laat in die 19de eeu het sy werk vernieude bewondering gesien. Sy Geboorte van Venus en Primavera word onder die bekendste Florentynse kunswerke gereken.