Lord Byron
Engelse digter
Gebore
22 Januarie 1788
in Londen, Engeland,
Groot-Brittanje
Oorlede
19 April 1824
in Missolonghi, Etolia-Akarnania
Ottomaanse Ryk
Literêre stroming
Romantiek
Bekende werke
Don Juan
Childe Harold's Pilgrimage
Beppo
Mazeppa
The Corsair
Lara, A Tale
George Gordon Byron, 6de Baron Byron, later George Gordon Noel, 6de Baron Byron, algemeen bekend as Lord Byron, was 'n Engelse digter en 'n leidende figuur in die Romantiese beweging. Byron se bekendste werke sluit die kort gedigte She Walks in Beauty, When We Two Parted en So, we'll go no more a roving in, asook die verhalende gedigte Childe Harold's Pilgrimage en Don Juan. Hy word as een van die grootste en invloedrykste Britse digters beskou en steeds wyd gelees.
Nadat hy Engeland vir goed verlaat het, het Lord Byron deur Europa gereis en aan die Griekse onafhanklikheidsoorlog teen die Ottomaanse Ryk deelgeneem waarvoor hy deur die Grieke as nasionale held vereer word.[1] Tydens sy verblyf in die Griekse stad Missolonghi het hy 'n koors opgedoen en is daar in die ouderdom van 36 jaar oorlede.
Lord Byron was in sy lewenstyd een van die eerste literêre sterre wat by sy gehore nie net vir sy werke gewild was nie, maar ook vir sy aristokratiese leefstyl en die losse en ongebonde lewe wat hy gelei het. Sy skulde, talle liefdesverhoudings, gerugte oor 'n skandalige bloedskandelike verhouding met sy halfsuster en selfopgelegde ballingskap het landwyd opslae gemaak en spekulasies aangehelp dat hy moontlik aan 'n bipolêre gemoedsversteuring of maniese depressie gely het.[2]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ William Plomer: The Diamond of Jannina. New York: Taplinger Publishing 1936 en 1970
- ↑ ABC News: The Cost of Creativity. Bipolar Disorder and the Stars