John F. Kennedy
| John F. Kennedy | |
|---|---|
| 35ste President van die Verenigde State | |
| Ampstermyn | 20 Januarie 1961 – 22 November 1963 |
| Voorganger | Dwight D. Eisenhower |
| Opvolger | Lyndon B. Johnson |
| Geboortedatum | 29 Mei 1917 |
| Geboorteplek | Brookline, Massachusetts |
| Sterftedatum | 22 November 1963 |
| Sterfteplek | Dallas, Texas |
| Eerste Dame | Jacqueline Lee Bouvier |
| Politieke party | Demokraat |
| Visepresident | Lyndon B. Johnson |
| Handtekening | |
John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, (Brookline, Massachusetts, 29 Mei 1917 – Dallas, Texas, 22 November 1963) was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is.[1] Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof.
Gebeure tydens Kennedy se presidentskap op die hoogtepunt van die Koue Oorlog sluit in: die Varkensbaai-inval (Bay of Pigs), die Kubaanse Missielkrisis, die bou van die Berlynse Muur, die ruimtewedloop, die Afro-Amerikaanse Burgerregtebeweging en vroeë stadiums van die Viëtnamoorlog. Hy het ook aangekondig, dat die VSA nog voor die jaar 1970 'n mens op die maan sal bring, wat met die Maanlanding op 20 Julie 1969 gebeur het.
In Berlyn en Duitsland is Kennedy veral bekend vir sy Ich bin ein Berliner ("Ek is 'n Berlyner") wat hy op 26 Junie 1963 in Schöneberg ter ondersteuning van die Wes-Berlynse bevolking na die bou van die Berlynse Muur gesê het. Kennedy sterf op 22 November 1963 in 'n sluipmoord-aanval tydens 'n verkiesingsbesoek aan Dallas. Hy is veral bekend vir sy uitdrukking: Ask not what your country can do for you; ask what you can do for your country tydens sy inhuldiging.[2][3]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) John F. Kennedy op whitehouse.gov
- ↑ (en) United States Congress Joint Committee on Inaugural Ceremonies. "Swearing-In Ceremony for President John F. Kennedy Forty-Fourth Inaugural Ceremonies, January 20, 1961". senate.gov.
- ↑ (en) Yale University Law School. "Inaugural Address of John F. Kennedy". yale.edu.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie John F. Kennedy.- (en) John F. Kennedy in die Internet-rolprentdatabasis
- (en) John F. Kennedy in die Internet-rolprentdatabasis
- (en) John F. Kennedy by Find a Grave
| Washington | J. Adams | Jefferson | Madison | Monroe | J.Q. Adams | Jackson | Van Buren | W. Harrison | Tyler | Polk | Taylor | Fillmore | Pierce | Buchanan | Lincoln | A. Johnson | Grant | Hayes | Garfield | Arthur | Cleveland | B. Harrison | Cleveland | McKinley | T. Roosevelt | Taft | Wilson | Harding | Coolidge | Hoover | F. Roosevelt | Truman | Eisenhower | Kennedy | L. Johnson | Nixon | Ford | Carter | Reagan | G.H.W. Bush | Clinton | G.W. Bush | Obama | Trump |