Denzel Washington

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Denzel Washington
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Washington in 2000.

Geboortenaam Denzel Hayes Washington jr.
Geboorte 28 Desember 1954 (1954-12-28) (62 jaar oud)
Aktiewe jare 1974-tans

Denzel Hayes Washington jr. (gebore op 28 Desember 1954)[1] is ’n Amerikaanse akteur en rolprentmaker. Hy het drie Golden Globes gewen, ’n Tony[2] en twee Oscars: vir beste manlike byspeler in die historiese oorlogsdrama Glory (1989) en vir beste akteur in die misdaadriller Training Day (2001).[3]

Washington het sedert die 1990's groot lof ontvang vir sy toneelspel, onder meer in rolle soos die Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis Steve Biko in Cry Freedom (1987), die menseregteaktivis Malcolm X in Malcolm X (1992), die bokser Rubin "Hurricane" Carter in The Hurricane (1999), die digter Melvin B. Tolson in The Great Debaters (2007) en die dwelmhandelaar Frank Lucas in American Gangster (2007). In 2016 was hy op die 73ste Golden Globe-toekenningsaand die ontvanger van die Cecil B. DeMille-prys vir sy lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Denzel Washington Biography (1954–)". Filmreference.com. Verkry op 2011-08-14. 
  2. "Five Ways Denzel Can Achieve His EGOT Dream". Newsfeed.time.com. June 14, 2010. Verkry op 2011-08-14. 
  3. (4 April 2002). "Halle Berry, Denzel Washington get historic wins at Oscars. Jet. Digitale weergawe besoek op 17 Maart 2008.