2003
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 2003 |
| ◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1998 | 1999 | 2000 | 2001 | 2002 | ◄ 2003 ► | 2004 | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Amerikaanse soldate verdeel voedsel in Irak | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 2003 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 3de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Kroasië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 4 Februarie – Die Bondsrepubliek Joego-Slawië hernoem hul self as Serwië en Montenegro.
- 9 Februarie-24 Maart – Die Krieketwêreldbeker 2003 word in Suid-Afrika aangebied.
- 20 Maart – Die Verenigde State begin met operasie Shock and Awe bomaanvalle op Irak tydens die Irakse Oorlog.
- 17 Junie – Die eerste blitsskare kom byeen in die Macy afdelingswinkel in New York Stad, georganiseer deur Bill Wasik, senior redakteur van Harper’s Magazine.
- 18-29 Junie – Die vierde Sokker-Konfederasiebeker toernooi word in Frankryk gespeel.
- 21 Junie – Die Onafhanklike Demokrate word deur Patricia de Lille gestig.
- 30 Julie – Die laaste 'ou' Volkswagen Kewer rol van die vervaardigingslyn in Puebla, Meksiko.
- 10 Oktober-22 November – Die Rugbywêreldbeker 2003 word in Australië aangebied.
- 17 Oktober – Die toringspits word by die dak van die 106-vloer hoë wolkekrabber Taipei 101 in Taipei gevoeg, wat dit die Petronas-torings in Kuala Lumpur laat verby steek om die wêreld se hoogste gebou te word.
- 7 Desember – Zimbabwe bedank uit die Britse Statebond.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- November - Lady Louise Windsor
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 13 Februarie – Walt Whitman Rostow, Amerikaanse ekonoom (* 1916).
- 19 Februarie – Frank Quint, Suid-Afrika se eerste bruin ambassadeur (* 1921).
- 23 Februarie – Ds. Frans Maritz, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n leier in die Sinode van Midde-Afrika (* 1946).
- 5 Mei – Walter Sisulu, anti-apartheid aktivis (* 1912).
- 12 Junie – Gregory Peck, Amerikaanse akteur (* 1916)
- 26 Junie – Strom Thurmond, politikus.
- 29 Junie – Katharine Hepburn, Amerikaanse aktrise (* 1907)
- 16 Augustus – Idi Amin, voormalige diktator van Uganda sterf in ballingskap in Saudi-Arabië (* 1924)
- 30 Augustus – Charles Bronson, Amerikaanse rolprentster (* 1921).
- 12 September – Johnny Cash, Amerikaanse country-sanger (* 1932).
- 28 Desember – Rykie van Reenen, 'n Afrikaanse joernalis (* 1923).