in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1 Junie is die 152ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (153ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 213 dae in die res van die jaar.
1215 – Die Mongole onder Dsjingis Khan verower die stad Peking. Die Sjinese heerser Xuānzōng van die Jin-Dinastie , kan betyds na Kaifeng vlug.
1485 – Die Hongaarse koning Matthias Corvinus verower die stad Wene na ´n beleg van vier maande.
1539 – Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII ) tree toe tot die priesterskap.
1568 – Agtien Vlaamse adellikes in opdrag van Fernando Álvarez de Toledo y Pimentel (Alva), die Spaanse landvoog, in Brussel onthoof.
1773 – Wolraad Woltemade red 14 mense op die gestrande De Jonge Thomas deur sewe keer met sy perd in die stormsee na die skip te swem, maar betaal met sy lewe tydens sy agste poging.
1778 – Pous Pius VI stel 10 nuwe kardinale aan onder wie Johann Heinrich von Frankenberg, aartsbiskop van Mechelen.
1788 – Kaptein William Bligh lig die anker in die Valsbaai en seil na die Ooste met sy skip HMAV Bounty .
1792 – Kentucky word die 15de deelstaat van die Verenigde State .
1795 – Pous Pius VI stel Giulio Maria della Somaglia, titulêr patriarg van Antiogië aan as kardinaal.
1796 – Tennessee word die 16de deelstaat van die Verenigde State.
1831 – James Clark Ross ontdek die posisie van die Magnetiese Noordpool op die Boothia-skiereiland.
1836 – Charles Darwin kom in Kaapstad aan.
1874 – Amptelike stigting van die Vrystaatse dorp Hoopstad .
1881 – Die eerste openbare telefoonnetwerk van die Nederlande word in gebruik geneem.
1882 – Opening van die Gotthard-spoorlyn in Switserland oor die St. Gotthardpas .
1890 – Die VSA se sensusburo begin om Herman Hollerith se tabuleringsmasjien te gebruik om sensusresultate te tel.
1906 – Opening van die Simplon-spoorlyn oor die Simplon-bergpas in Switserland. Die Simplon-tonnel is 19,73km lank.
1927 – In die "Agterhoek" ('n streek in Gelderland) rig 'n hewige tornado groot verwoesting aan.
1938 – Die eerste Superman strokiesprent word gepubliseer.
1962 – Rwanda en Burundi verkry onafhanklikheid.
1962 – Die oorlogsmisdadiger Adolf Eichmann word in Israel tereggestel.
1963 – Die VSA begin om poskodes te gebruik.
1968 – Nuclear non-proliferation -ooreenkoms word geteken deur ongeveer sestig lande in Geneve , Switserland
1968 – Die lidstate van die EEG skaf onderlinge doaneregte vir industrieprodukte af.
1974 – Die Flixborough-ramp vind plaas by 'n chemiese aanleg naby die dorp Flixborough in Engeland .
1979 – Negentig jaar van wit minderheidsregering eindig in Rhodesië , wat nou bekend staan as Zimbabwe .
1980 – Cable News Network (CNN) begin om uit te saai.
1990 – Naby Tbilisi (Georgië ) stort twee kabelkarretjies van ´n sweefspoor neer nadat een van die kabels breek. Vyftien insittendes sterf.
1991 – Die Warschau-verdrag word amptelik opgehef.
1991 – Swede doen aansoek vir toetrede tot die Europese Unie .
1997 – Die Verenigde Koninkryk gee Hongkong terug aan China .
2001 – Die 12-jarige Suid-Afrikaanse HIV-aktivis en -patiënt Nkosi Johnson , wat lank die simbool van die stryd teen HIV in Suid-Afrika was, verloor sy stryd teen die siekte en sterf
2002 – Hansie Cronjé , Suid-Afrikaanse krieketkaptein sterf in 'n vliegtuigongeluk.
2016 – Die Gotthard-basistonnel van 57.09 km word geopen in Switserland .
1503 – Wilhelm von Grumbach , Duitse ridder en avontoerier
1637 – Jacques Marquette , 'n Franse Jesuïet sendeling en ontdekkingsreisiger († 1675 ).
1653 – Georg Muffat , Duitse orrel-komponis († 1704)
1704 – Johann Baptist Straub , Duitse beeldhouer († 1784)
1754 – Ferdinand van Oostenryk , Oostenrykse aartshertog († 1806)
1765 – Laurentius Passchijn , Belgiese politikus († 1849)
1765 – Christiane von Goethe , Duitse eggenoot van Johann Wolfgang von Goethe
1780 – Carl von Clausewitz , Pruisiese generaal en militêre strateeg († 1831 ).
1788 – Johann Heinrich Achterfeld , Duitse teoloog, professor en uitgewer
1790 – Ferdinand Raimund , Oostenrykse skrywer († 1836)
1796 – Nicolas Léonard Sadi Carnot , Franse fisikus († 1832 ).
1804 – Mikhail Glinka , Russiese komponis († 1857 ).
1815 – Otto I, Griekse koning († 1867)
1873 – Fernando María Guerrero , Filippynse skrywer en digter († 1929)
1886 – Daisy de Melcker , moordenares wat haar twee mans en seun vergiftig het († 1932 ).
1890 – Knud Lehn Petersen , Deense argitek († 1974 ).
1892 – Amanoellah Khan , Afghaanse koning († 1960)
1892 – Hironori Otsuka , Japannese grondlegger van die karatestyl Wado-ryu († 1982)
1892 – Raffaele Paolucci , Italiaanse soldaat († 1958)
1892 – Hendrik Sangster , Nederlandse argitek († 1971)
1907 – Frank Whittle , Britse ingenieur en uitvinder van die straalmotor († 1996 ).
1907 – Jan Patočka , Tseggiese filosoof († 1977)
1922 – Povel Ramel , Sweedse musikant († 2007 ).
1926 – Marilyn Monroe , Amerikaanse aktrise († 1962 ).
1928 – Georgi Dobrowolski , Russiese ruimtevaarder († 1971)
1937 – Morgan Freeman , Amerikaanse akteur.
1939 – Jackie Stewart , Skotse renjaer.
1941 – Edo de Waart , Nederlandse dirigent
1942 – Paco Peña , Spaanse flamenko-kitaarspeler
1945 – Ciska Peters , Nederlandse sangeres
1945 – Frederica von Stade , Amerikaanse mezzo-sopraan
1948 – Paul Wuyts , Vlaamse akteur († 2012)
1950 – Ferdi Karmelk , Nederlandse kitaarspeler († 1988)
1953 – David Berkowitz , Amerikaanse reeksmoordenaar
1954 – Per Nielsen , Deense trompetspeler.
1956 – Peter Tomka , Slowaakse ambassadeur en regter
1957 – Alphadi, pseudoniem van Seidnaly Sidhamed , Nigeriese modeontwerper
1957 – Yasuhiro Yamashita , Japannese judoka
1958 – Rob Scholte , Nederlandse kunstenaar
1959 – Martin Brundle , Britse renjaer.
1964 – Casper de Vries , Afrikaanse komediant en akteur.
1964 – Jainal Antel Sali jr ., leier van die Islamitische terreur-organisasie Abu Sayyaf († 2007)
1965 – Illse Roos , Suid-Afrikaanse aktrise.
1965 – Nigel Short , Britse skaakspeler .
1968 – Karen Mulder , Nederlandse foto-model
1968 – Elena Sedina , Italiaanse skaakspeler
1970 – Marjon Keller , Nederlands zangeres
1972 – Stine Stengade , Deense akteur.
1972 – Wim Maes , Belgiese skaakspeler
1973 – Heidi Klum , Duitse foto-model.
1974 – Alanis Morissette , Kanadese sangeres en aktrise.
1974 – Michael Rasmussen , Deense fietsryer
1979 – Markus Persson , Sweedse programeerder
1980 – Johann Muller , Suid-Afrika se drie-en-vyftigste Springbokkaptein .
1983 – Sylvia Hoeks , Nederlandse model en aktrise
1993 – Noémie Happart , Mej. België 2013
1191 – Filips van die Elsas , Graaf van Vlaandere
1616 – Tokugawa Ieyasu (73), Japannese shogun-leier
1660 – Mary Dyer (49), Engelse quaker
1773 – Wolraad Woltemade , held van die Kaap die Goeie Hoop (* 1708 ).
1841 – Nicolas Appert , Franse uitvinder (* 1749 )
1846 – Pous Gregorius XVI , die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1765 ).
1864 – Hong Xiuquan (50), Sjineese revolutionêr
1868 – James Buchanan , 15de President van die Verenigde State (* 1791 ).
1879 – Napoléon Eugène Louis Bonaparte , seun van Napoleon III sterf in die Anglo-Zoeloe-oorlog (* 1856 ).
1938 – Ödön von Horváth (36), Hongaars-Duitse skrywer
1946 – Ion Antonescu (63), Roemeense maarskalk en politikus
1951 – Jose Alejandrino (80), Filippynse generaal en senator
1960 – Paula Hitler (64), suster van Adolf Hitler
1962 – Adolf Eichmann , Duitse SS -offisier en oorlogsmisdadiger (* 1906 ).
1965 – Richard Minne (73), Vlaamse digter en skrywer
1968 – Helen Keller , Amerikaanse skryfster, aktivis vir blindes en dosent (* 1880 ).
1982 – Einar Juhl , Deense akteur (* 1896 ).
1985 – Gaston Rebuffat (64), Franse bergklimmer
1987 – Jef Cassiers (57), Vlaamse akteur
1999 – Bjørn Spiro , Deense akteur (* 1909 ).
2001 – Koning Birendra (55) van Nepal
2002 – Hansie Cronjé , Suid-Afrikaanse krieketkaptein (* 1969 ).
2002 – Leo van der Zalm (60), Nederlandse digter
2006 – Rocío Jurado (51), Spaanse sangeres en aktrise
2007 – Kasma Booty (75), Maleisiese aktrise
2008 – Yves Saint Laurent (71), Franse modeontwerper
2009 – Pedro Luís van Orléans-Braganza (26), Brasiliaanse prins
2009 – Dirk du Toit (65), Suid-Afrikaanse politikus
2010 – Andrej Woznesenski (77), Russiese digter
2013 – Miel Cools (78), Belgiese sanger en musikant
2013 – Marc van Uchelen (42), Nederlandse akteur, regisseur en produsent
2015 – Nicholas Liverpool (80), Dominikaanse president
2015 – Kurt Löb (89), Nederlandse kunstenaar
Vakansies, vierings en waarnemingsdae [ wysig | wysig bron ]
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 June .