Jode
| Jode | |
|---|---|
| Totale bevolking: | ca. 14–14,5 miljoen[1][2][3][4][5] |
| Belangrike bevolkings in: |
|
| Taal: | Oorwegend gesproke tale:[14] Hebreeus • Engels • Russies • Frans • omgangstale van ander lande in die diaspora |
| Geloofsoortuiging: | Judaïsme |
| Verwante etniese groepe: | Samaritane,[15] Droese, ander Levantine,[15][16][17][18] Arabiere,[15][19] Assiriërs[15][18] |
Die woord Jood (Hebreeus: יְהוּדִים Jehudim, [jehuˈdim]) word op verskillende maniere gebruik, maar verwys mees algemeen na 'n navolger van die Joodse geloof, 'n kind van 'n Joodse moeder, of 'n lid van die Joodse kultuur of etnisiteit en gereeld 'n kombinasie van hierdie kenmerke.[20] Hierdie artikel bespreek die etniese groep; vir 'n oorweging van die geloof, kyk gerus na Judaïsme.
Die meeste Jode beskou hulleself as 'n volk, lede van 'n nasie, en die voorvaders van Joodse nasionale identiteit word deurgetrek vanaf die Bybelse patriarg Abraham (Avraham), sy seun Isaak en veral Jakob (Ja'akov), Isak (Jitshak) se seun, asook deur die persone wat mettertyd by hulle aangesluit het as bekeerdes (sien ook Israeliete). Die term Jood ("Jahudi") se oorsprong begin by die verdeling van die Koninkryk van Israel (Jisra'el) in die noordelike Koninkryk van Israel en die suidelike Koninkryk van Juda (Jahuda). Daarom is die Israeliete (wat later deur die Assiriërs verwoes is) afkomstig vanuit die noordelike koninkryk, en die Jode (Jahudim) – wat oorleef het – van die suidelike koninkryk. Algaande het die woord Jood begin verwys na dié van die Joodse geloof eerder as dié wat van Juda afkomstig is. Etniese Jode sluit sogenaamde "gelowige Jahudim" (die wat Judaïsme beoefen) asook "sekulêre Jahudim" (dié wat nie Judaïsme as 'n geloof beoefen nie), maar nog steeds hulleself as Jode in 'n kulturele of etniese sin identifiseer) in.
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Anti-Semitisme, haat vir, of vooroordeel teenoor Jode.
- B'nai B'rith, organisasie wat anti-Semitisme bestry en Jode help.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) DellaPergola, Sergio (2015). “World Jewish Population, 2014”. North American Jewish Data Bank. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) "Worldwide Jewry numbers 14 million", Ynet. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) “Jewish Population”. Judaism101. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) Daniel J. Elazar. “How Strong is Orthodox Judaism -- Really? The Demographics of Jewish Religious Identification”. Jerusalem Center for Public Affairs. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) “The Global Religious Landscape — Jews”. Pew Research Center. 18 Desember 2012. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ 6,00 6,01 6,02 6,03 6,04 6,05 6,06 6,07 6,08 6,09 6,10 6,11 6,12 6,13 6,14 6,15 6,16 6,17 (en) DellaPergola, Sergio (2015). “World Jewish Population, 2014”. North American Jewish Data Bank. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) “American Jewish Population Estimates: 2012”. Brandeis University – Steinhardt Social Research Institute. Besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) “Jewish Population in the United States, by State”. JVL. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) Naomi Zeveloff (17 Januarie 2012). “U.S. Jewish Population Pegged at 6 Million”. Forward. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) Arnold Dashefsky, Ira M. Sheskin. American Jewish Year, Book 2012.
- ↑ (en) “US Jewish Population is Anywhere Between 5.425 Million and 6.722 Million”. 18 Februarie 2013. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) “A portrait of Jewish Americans Chapter 1: Population Estimates”. Pew Research Center: 1 Oktober 2013. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) DellaPergola, Sergio, "Bigger Population Estimate Means Wider Definition of Jewishness", 6 Oktober 2013. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) “Links”. Beth Hatefutsoth. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ 15,0 15,1 15,2 15,3 (en) (2004) “Reconstruction of patrilineages and matrilineages of Samaritans and other Israeli populations from Y-chromosome and mitochondrial DNA sequence variation”. Human Mutation 24 (3): 248–60. DOI:10.1002/humu.20077. Besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) Wade, Nicholas, "Studies Show Jews' Genetic Similarity", The New York Times, 9 Junie 2010. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) (2000) “High-resolution Y chromosome haplotypes of Israeli and Palestinian Arabs reveal geographic substructure and substantial overlap with haplotypes of Jews”. Human Genetics 107 (6): 630–41. DOI:10.1007/s004390000426. Besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ 18,0 18,1 (en) “Jews Are The Genetic Brothers Of Palestinians, Syrians, And Lebanese”. Sciencedaily.com: 9 Mei 2000. URL besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (en) (2010) “Abraham's Children in the Genome Era: Major Jewish Diaspora Populations Comprise Distinct Genetic Clusters with Shared Middle Eastern Ancestry”. American Journal of Human Genetics 86 (6): 850–859. DOI:10.1016/j.ajhg.2010.04.015.
- ↑ (en) “Jew”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 1 Mei 2016.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jode.