Jerusalem
| Kaart | Vlag |
| Wapen | |
| Land | |
| Distrik | Jerusalem |
| Koördinate | 31°46′N 35°13′O / 31.767°N 35.217°O |
| Gestig op | 4de millennium v.C |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 125,2 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 754 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2009) | 933 113 |
| - Bevolkingsdigtheid | 6 183 vk/km |
| - Metropolitaanse gebied | 1 700 300 |
| Tydsone | UTC +02:00 |
| Somertyd | UTC +03:00 |
| Burgemeester | Zaki al-Ghul (oosten) Nir Barkat (westen) |
| Amptelike Webwerf | jerusalem.muni.il |
Jerusalem (Hebreeus: ירושלים Jerusjalajim, ou Grieks: Ἱεροσόλυμα, Latyns: Hierosolyma, Arabies: القدس al-Quds (asch-Scharif) „die Heilige“ of amptelik: أورشليم القدس Urshalim-al-Quds, Turks: Kudüs) is die hoofstad en grootste nedersetting van Israel met 'n bevolking van 933 113. Die stad lê tussen die Middellandse See in die weste en die Dooie See in die ooste. Jerusalem is die Heilige stad van die drie religies Judaïsme, Christendom en Islam.
In die ou stad lê die Klaagmuur, die Grafkerk en die Rotskoepel. Oos-Jerusalem is onderdeel in 'n Joodse, 'n Christen-, 'n Moslem- en 'n Armeense kwartier. Oos-Jerusalem word van Palestyne geëis as hoofstad van 'n toekomstige Staat Palestina, 'n belangrike element in die Israel-Palestina-konflik.
Die historiese stadskern van Jerusalem word sedert 1981 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- Nir Barkat (* 1959), entrepreneur en politikus (burgemeester van Jerusalem sedert 2008)
- Reuven Rivlin (* 1939), president van Israel sedert 2014
Tweelings- en susterstede[wysig | wysig bron]
New York Stad, Verenigde State van Amerika (sedert 1993)[1][2] (met Israel)
Praag, Tsjeggië [3] (met Israel)
Fes, Marokko (sedert 1982)[4] (met Palestina)
Partnerstad[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ "Online Directory: Israel, Middle East". Sister Cities International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 January 2008. Verkry op 26 Januarie 2012.
- ↑ "New York City Global Partners". NYC.gov. Verkry op 26 Januarie 2012.
- ↑ "Partner Cities (Portal of Prague)". Praha.eu. Verkry op 26 Januarie 2012.
- ↑ "Jumelage". Fes city. Verkry op 26 Januarie 2012.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jerusalem.- Amptelike webwerf
- (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy
|
||||||||||||||