Euro
| Rang | Geldeenheid | Simbool ISO 4217 |
% daaglikse aandeel (Des. 2015) |
|---|---|---|---|
| 1 | USD ($) | 87,0% | |
| 2 | EUR (€) | 33,4% | |
| 3 | JPY (¥) | 23,0% | |
| 4 | GBP (£) | 11,8% | |
| 5 | CHF (CHF) | 8,6% | |
| 6 | CAD ($) | 5,2% | |
| 7 | AUD ($) | 4,6% | |
| 8 | MXN ($) | 2,5% | |
| 9 | CNY (¥) | 2,2% | |
| 10 | NZD ($) | 2,0% | |
| 11 | SEK (kr) | 1,8% | |
| 12 | RUB (₽) | 1,6% | |
| 13 | HKD ($) | 1,4% | |
| 14 | NOK (kr) | 1,4% | |
| 15 | SGD ($) | 1,4% | |
| 16 | TRY (₺) | 1,3% | |
| 17 | KRW (₩) | 1,2% | |
| 18 | ZAR (R) | 1,1% | |
| 19 | BRL ($) | 1,1% | |
| 20 | INR (₹) | 1,0% | |
| Ander | 6,3% | ||
| Totaal[n 1] | 200% | ||
Die Euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]
Die Euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 27 lande van die Europese Unie (EU) (ná die Verenigde Koninkryk se uittreding in 2019). Die Euro is bowendien die wettige geldeenheid van ses lande wat nie tot die EU behoort nie. 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die Euro gekoppel. Andere lande met die Euro as geldeenheid is Andorra, Kosowo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad, wat nie lidlande van die Europese Unie is nie.[4] In Zimbabwe is die Euro een van meerdere buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[5]
Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die Eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die Euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die Euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[6] op 1 Januarie 2008 is die Euro ingevoer in Malta[7] en Siprus,[8] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[9] op 1 Januarie 2011 in Estland,[10] op 1 Januarie 2014 in Letland[11] en op 1 Januarie 2015 in Litaue.[12]
Die Euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 Euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[13]
Wisselkoerse[wysig | wysig bron]
██ Europese Ekonomiese en Monetêre Unie ██ Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik ██ Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro ██ Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro
Die amptelike wisselkoers van die Euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:
| Geldeenheid | Kode (ISO 4217) |
Wisselkoers[14] | Gevestig op | Opgelewer |
|---|---|---|---|---|
| BEF | 40,3399 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| DEM | 1,95583 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| EEK | 15,6466 | 13 Julie 2010 | 1 Januarie 2011 | |
| FIM | 5,94573 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| FRF | 6,55957 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| GRD | 340,75 | 19 Junie 2000 | 1 Januarie 2001 | |
| IEP | 0,787564 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| ITL | 1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| LVL | 0,702804 | 9 Julie 2013 | 1 Januarie 2014 | |
| LTL | 3,4528 | 23 Julie 2014 | 1 Januarie 2015 | |
| LUF | 40,3399 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| MTL | 0,4293 | 10 Julie 2007 | 1 Januarie 2008 | |
| MCF | 6,55957 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| NLG | 2,20371 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| ATS | 13,7603 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| PTE | 200,482 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| SML | 1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| CYP | 0,585274 | 10 Julie 2007 | 1 Januarie 2008 | |
| SKK | 30,126 | 8 Julie 2008 | 1 Januarie 2009 | |
| SIT | 239,64 | 11 Julie 2006 | 1 Januarie 2007 | |
| ESP | 166,386 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 | |
| VAL | 1,936,27 | 31 Desember 1998 | 1 Januarie 1999 |
Banknote[wysig | wysig bron]
| Beeld | Waarde | Afmetings (millimeter) |
Hoofkleur | Ontwerp | Drukkerkodeposisie | ||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Voorkant | Agterkant | Argitektuur | Eeu | ||||||
| €5 | 120 × 62 | Grys | Klassiek | < 5de | Linker beeldrand[15] | ||||
| €10 | 127 × 67 | Rooi | Romaans | 11–12de | 8:00-uur ster[16] | ||||
| €20 | 133 × 72 | Blou | Goties | 12–14de | 9:00-uur ster[17] | ||||
| €50 | 140 × 77 | Oranje | Renaissance | 15–16de | Regter beeldrand[18] | ||||
| €100 | 147 × 82 | Groen | Barok & Rokoko | 17–18de | Regs van 9:00-uur ster[19] | ||||
| €200 | 153 × 82 | Geelbruin | Die tydperk van yster en glas | 19–20ste | Bo 7:00-uur ster[20] | ||||
| €500 | 160 × 82 | Pers | Moderne 20ste eeu | 20–21ste | 9:00-uur ster[21] | ||||
| Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter. | |||||||||
| Beeld | Waarde | Jaar | Afmetings (millimeter) |
Hoofkleur | Ontwerp | Drukkerkodeposisie | ||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Voorkant | Agterkant | Argitektuur | Eeu | |||||||
| €5 | 2013 | 120 × 62 | Grys[23] | Klassiek[23] | < 5de[23] | Regs bo | ||||
| €10 | 2014 | 127 × 67 | Rooi[23] | Romaans[23] | 11–12de[23] | Regs bo | ||||
| €20 | 2015 | 133 × 72 | Blou[23] | Goties[23] | 12–14de[23] | Regs bo | ||||
| €50 | 2017 | 140 × 77 | Oranje[23] | Renaissance[23] | 15–16de[23] | Regs bo | ||||
| onbekend | onbekend | €100 | 147 × 82 | Groen[23] | Barok & Rokoko[23] | 17–18de[23] | Regs bo | |||
| onbekend | onbekend | €200 | 153 × 82 | Geelbruin[23] | Die tydperk van yster en glas[23] | 19–20ste[23] | Regs bo | |||
| Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter. | ||||||||||
Spesiale muntstukke[wysig | wysig bron]
Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.
Notas[wysig | wysig bron]
- ↑ Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Verkry op 10 Junie 2013.
- ↑ (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Verkry op 22 Oktober 2013.
- ↑ (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
- ↑ (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
- ↑ Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55
- ↑ (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
- ↑ (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
- ↑ (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
- ↑ (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
- ↑ (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
- ↑ (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
- ↑ (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
- ↑ (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
- ↑ (en) "Fixed Euro conversion rates". European Central Bank. Verkry op 6 Augustus 2011.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €5 note". EuroTracer. 2002. Verkry op 7 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €10 note". EuroTracer. 2002. Verkry op 7 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €20 note". EuroTracer. 2002. Verkry op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €50 note". EuroTracer. 2002. Verkry op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €100 note". EuroTracer. 2002. Verkry op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €200 note". EuroTracer. 2002. Verkry op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "EuroTracer – Information Notes – €500 note". EuroTracer. 2002. Verkry op 9 Januarie 2012.
- ↑ (en) "ECB: Europa series". Europese Sentrale Bank. 2013. Verkry op 11 Junie 2013.
- ↑ 23,00 23,01 23,02 23,03 23,04 23,05 23,06 23,07 23,08 23,09 23,10 23,11 23,12 23,13 23,14 23,15 23,16 23,17 (en) "Europa series design – ECB – Our Money". www.new-euro-banknotes.eu. 2013. Verkry op 6 Augustus 2013.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Euro. |