in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
22 September is die 265ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (266ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 100 dae tot die einde van die jaar.
530 – Pous Bonifatius II volg Pous Felix IV op.
972 – Pous Benedictus VI word verkies as pous maar moet tot die volgende jaar wag op keiserlike goedkeuring om gekroon te word.
1368 – Pous Urbanus V stel Arnoldo Bernardi (of Bertrandi), Philippe de Cabasolle, Simon Langham, Bernard du Bosquet, Jean de Dormans, Étienne de Poissy (of Paris), Pierre de Chinac (of de Bagnac) en Francesco Thebaldeschi aan as kardinaal.
1499 – Vredesverdrag van Basel . Keiser Maximilian beëindig die Swabiese oorlog tussen Oostenryk en die Switserse Bondgenootskap . Die onafhanklikheid van die Switserse Bondgenootskap word erken en die Switserse Bondgenootskap word van belastings aan die Duitse ryk vrygeskeld.
1503 – Pous Pius III volg Pous Alexander VI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk .
1531 – Pous Clemens VII stel Antonio Pucci aan as kardinaal.
1606 – Pous Paulus V verbied katolieke in Engeland om die eed van getrouheid aan koning James I af te lê.
1609 – Koning van Spanje set die voormalig gekerstende moslems , die Moriscos uit.
1681 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII ) word kardinaal-priester van S. Pancrazio.
1741 – Pous Benedictus XIV verklaar Alvarez van Cordova salig.
1830 – Venezuela skei af van Colombia .
1862 – President Abraham Lincoln van die VSA stel die Emansipasie Proklamasie in, wat alle slawerny in die Konfederale state afskaf teen 1 Januarie 1863 .
1869 – Das Rheingold , die eerste vier operas in Der Ring des Nibelungen deur die Duitse komponis Richard Wagner maak sy debuut te München .
1902 – Krygswet in die Kaapkolonie word herroep.
1921 – Estland , Letland en Litaue word lede van die Volkebond .
1927 – Gene Tunney wen die wêreldtitelgeveg teen Jack Dempsey in die geveg wat onthou word vir die lang tellery .
1960 – Frans-Soedan verkry onafhanklikheid van Frankryk as die Republiek van Mali
1980 – Irak loods ’n inval op Iran , wat die Iran-Irakoorlog ontketen.
1998 – Militêre magte van Suid-Afrika en Botswana ruk op na die koninklike paleis in Maseru , Lesotho .
2014 – Na 'n tog van 10 maande plaas MAVEN homself in 'n wentelbaan om die planeet Mars .
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae [ wysig | wysig bron ]