Ramadan
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ramadan, ook Ramazan, Ramzan of Ramathan (Arabies: رمضان) is die negende maand van die Islamitiese kalender.[1] Dit word deur Moslems beskou as 'n heilige maand van vas om die eerste openbaring van die Koran te herdenk.[2][3]
Hierdie jaarlikse viering word beskou as een van die Vyf Pilare van die Islam.[4] Die maand is 29 of 30 dae lank. Volgens talle biografiese aantekeninge in die hadit word die duur van die maand deur die visuele waarnemings van die hilal (sekelmaan) bepaal.[5][6]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ BBC - Religions Besoek op 25 Julie 2012
- ↑ “Muslims worldwide start to observe Ramadan”. The Global Times Online. 2012. URL besoek op 28 Julie 2012.
- ↑ “The Muslim World Observes Ramadan”. Power Text Solutions. 2012. URL besoek op 28 July 2012.
- ↑ “Schools - Religions”. BBC. URL besoek op 25 July 2012.
- ↑ Bukhari-Ibn-Ismail, AbdAllah-Muhammad. “Sahih Bukhari - Book 031 (The Book of Fasting), Hadith 124.”. hadithcollection.com. URL besoek op 25 Julie 2012.
- ↑ Muslim-Ibn-Habaj, Abul-Hussain. “Sahih Muslim - Book 006 (The Book of Fasting), Hadith 2378.”. hadithcollection.com. URL besoek op 25 Julie 2012.