AC/DC
| AC/DC | ||
|---|---|---|
|
AC/DC in 2009. Vlnr: Brian Johnson, Malcolm Young, Phil Rudd, Angus Young en Cliff Williams
|
||
| Oorsprong | Sydney, Australië | |
| Genre(s) | Rock and roll | |
| Aktiewe jare | 1973 — hede | |
| Etikette | Albert, EMI, Columbia, Epic, Atlantic, Atco, Elektra, East West | |
| Webwerf | acdc.com | |
| Last.fm | AC/DC | |
| Lede | Angus Young Chris Slade Stevie Young Axl Rose |
|
| Gewese lede | Malcolm Young Bon Scott Phil Rudd Cliff Williams Brian Johnson Simon Wright Mark Evans Dave Evans |
|
| Assosiasies | Geordie, The Easybeats, Fraternity, The Valentines, Marcus Hook, Roll Band, Guns N' Roses | |
AC/DC is 'n Australiese rockgroep wat in 1973 deur broers Malcolm en Angus Young gevorm is. Angus was toe net 15 jaar oud en sy suster het voorgestel dat hy sy skooldrag op die verhoog moet dra. Die skooldrag het 'n kenmerk van die groep geword. Bon Scott sluit 'n jaar later by die groep aan, gevolg deur Philip Rudd en Mark Evans. Hul eerste album High Voltage is 1974 aanvanklik net in Australië uitgereik, en hulle word gewild in Australië. In 1977 stel hulle Let There Be Rock vry en bereik die Amerikaanse treffersparade. Hulle groot deurbraak kom met die 1979-album Highway to Hell wat die nommer 8-posisie op die Britse treffersparade behaal en die nommer 17-posisie in Amerika. Hierdie album word die groep se eerste album wat meer as 'n miljoen verkope bereik.[1][2][3]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- (en) Amptelike webtuiste
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie AC/DC.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ AC/DC Biography by Stephen Thomas Erlewine. allmusic.com. URL besoek op 2017-06-28.
- ↑ AC/DC Bio. rollingstone.com. URL besoek op 2017-06-28.
- ↑ AC/DC Biography. 8notes.com. URL besoek op 2017-06-28.