Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
| Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Die leeu (Panthera leo) (IFA: ♂: 'le:u 'le:ou 'liu ♀: le:'uən le:'vən / le:uvəifi) is 'n soogdier van die familie Felidae en een van die vier "groot katte" in die genus Panthera. Dit is die tweede grootste katspesie naas die tier. Mannetjies kan maklik herken word aan hulle maanhare en weeg tussen 150 en 250 kg. Wyfies weeg tussen 120 en 150 kg. Leeus kom in die natuurlike omgewing tans in Afrika, suid van die Sahara, en in Asië voor. In Asië word ’n kritieke bedreigde oorblywende bevolking in die Gir-woud Nasionale Park gehou, waar hulle reeds vroeër in Noord-Afrika en Suidwes-Asië uitgesterf het. Tot en met die laat Pleistoseentydperk, omstreeks 12 000 jaar gelede, was die leeu die wydverspreidste groot landsoogdier neffens die mens. Hulle was oor die meeste van Afrika verspreid, regoor Eurasië, wat vanaf Wes-Europa tot Indië gestrek het, sowel as in die Amerikas tussen Yukon en Peru. In die natuur word leeus tussen 10 en 14 jaar oud, terwyl dié in gevangenskap tot oor die 20 jaar oud kan word. In die natuur sal leeumannetjies selde ouer as tien jaar word, omrede die beserings wat deur voortdurende gevegte onder hulle opgedoen word grootliks hul lewensverwagting laat afneem. Leeus geniet 'n warm klimaat en jag in groepe. Hulle is tipies woonagtig in die savanne en grasvelde, hoewel hulle ook die bos en woud as tuiste kan aanneem. Wat ongewoon van leeus is, in vergelyking met ander katsoorte, is dat hulle ’n sosiale spesie is. ’n Trop leeus bestaan uit bloedverwante wyfies en nakomelinge en ’n klein aantal volwasse leeumannetjies. Troppe leeuinne sal gewoonlik saam jag en groot hoefdiere as prooi aanval. Leeus is roofdiere heel boaan die voedselketting, maar sal by geleentheid ook aas. Ewenwel dit buite leeus se aard is om op mense jag te maak, is daar die enkele gevalle wat wel opgeteken is. Die leeu is ’n kwesbare spesie, omrede daar ’n moontlik onherroeplike bevolkingsafname van tussen 30 en 50 persent die afgelope twee dekades slegs op die Afrika-vasteland plaasgevind het. Die leeubevolking is onhoudbaar buite aangewese reservate en nasionale parke. Hoewel die oorsaak van die afname nie ten volle begryp kan word nie, speel habitatsverlies en botsings met die mens na bewering tans die grootste rol. Leeus is sedert die antieke Romeinse tyd al in dieretuine aangehou en bly vanaf die laat agtiende eeu van oraloor ’n groot aantrekkingskrag. Dieretuine span oor die wêreld heen saam om teelprogramme daar te stel met die oogmerk om die bedreigde Asiatiese subspesies van uitwissing te red.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die dorp Roodepoort wes van Johannesburg se naam verwys na die rooi grond wat so algemeen is in die omgewing? Die dorp het ontstaan na 'n goudmynkamp op 'n plaas met die naam "Roodepoort" gestig is. ... dat Nkosi Sikelel' iAfrika nie net die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied is nie maar ook deur ander lande gebruik word? Die lied, wat deur Enoch Sontonga, gekomponeer is, is ook die volkslied van Tanzanië en Zambië en word ook in Zimbabwe en Namibië gesing.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
|
|
|
Geografie - Geologie Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Rusland • Oseanië Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne |
||
|
Geskiedenis |
||
|
Kultuur |
||
|
Religie |
||
|
Samelewing |
||
|
Taal |
||
|
Tegnologie |
||
|
Wetenskap |
||
|
Wikipedia in ander tale
|
||
| Weergawes met meer as 1 000 000 artikels Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Русский • Svenska • Winaray • Tiếng Việt |
||
| Weergawes met meer as 750 000 artikels Português • 中文 |
||
| Weergawes met meer as 500 000 artikels Українська |
||
| Weergawes met meer as 250 000 artikels العربية • Català • Čeština • فارسی • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Bahasa Melayu • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe |
||
| Weergawes met meer as 100 000 artikels Azərbaycanca • Беларуская • Български • Нохчийн • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • Galego • עברית • हिन्दी • Hrvatski • Հայերեն • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Baso Minangkabau • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • Bân-lâm-gú |
||
| Weergawes met meer as 50 000 artikels Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Cymraeg • Kreyòl ayisyen • Кыргызча • Latviešu • Malagasy • Македонски • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • Shqip • தமிழ் • తెలుగు • Tagalog • Татарча / tatarça |
||
|
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia |
||
|
Susterprojekte
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|