in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders |
 |
| Lucas Suppin |
|
|
Die jaar 1992 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 92ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
- 8-23 Februarie – Die 16de Olimpiese Winterspele word in Albertville, Frankryk, aangebied.
- 22 Februarie–25 Maart – Die 5de Krieketwêreldbeker word in Australië en Nieu-Seeland aangebied en deur Pakistan gewen.
- 1 Maart – Bosnië-Herzegowina verklaar sy onafhanklikheid van Joego-Slawië.
- 17 Maart – Suid-Afrikaanse referendum van 1992 vind plaas.
- 25 Maart–1 April – Die 5de Paralimpiese Winterspele word in Tignes, Frankryk, aangebied.
- 9 April – Manuel Noriega is aan agt klagte skuldig bevind.
- 17 April – Joego-Slawië erken die onafhanklikheid van Bosnië-Herzegowina.
- 27 April – Serwië en Montenegro stig die Bondsrepubliek Joego-Slawië.
- 13 Junie – Die Aardeberaad begin in Rio de Janeiro.
- 20 Junie – 'n Nuwe grondwet word van krag in Paraguay en daar kom 'n einde aan die militêre bewind van Alfredo Stroessner.
- 23 Julie – Abchasië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Georgië.
- 25 Julie–9 Augustus – Die 25ste Olimpiese Somerspele word in Barcelona, Spanje, aangebied.
- 27 Augustus – Dieter Gerhardt, die oudbevelvoerder van die Simonstadse vlootbasis wat daaraan skuldig bevind is dat hy vir die Sowjetunie gespioeneer het, word na Switserland gedeporteer.
- 3–14 September – Die 9de Paralimpiese Somerspele word in Barcelona, Spanje, aangebied.
- 15–20 Oktober – Die 1ste Koning Fahd-beker word in Saoedi-Arabië aangebied en deur Argentinië gewen.
- 31 Oktober – Pous Johannes Paulus II herroep die veroordeling van Galileo Galilei.
- 21 Desember – Hongarye, Pole en die voormalige Tsjeggo-Slowakye stig die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms in Krakau, Pole.
- 1 Januarie – Grace Hopper, Amerikaanse rekenaarpionier (* 1906)
- 13 Januarie – Yvonne Bryceland, Suid-Afrikaanse aktrise in Londen (* 1925).
- 9 Maart – Menachem Begin, Israeli premier (* 1913).
- 12 Maart – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1927).
- 6 April – Isaac Asimov, skrywer (* 1920).
- 6 Mei – Marlene Dietrich, aktrise (* 1901).
- 12 Mei – Robert Reed, akteur, The Brady Bunch (* 1932)
- 23 Mei – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1931).
- 24 Mei – Hester Heese, Afrikaanse skrywer (* 1911).
- 14 Augustus – Anna Neethling-Pohl, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1906).
- 20 November – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer (* 1918).