in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders
Satyen Bose
Die jaar 1925 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 25ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
18 Januarie – Gilles Deleuze , Franse filosoof († 1995 ).
26 Januarie – Paul Newman , Amerikaanse akteur († 2008 ).
30 Januarie – Douglas Engelbart , Amerikaanse uitvinder van die rekenaarmuis († 2013 ).
12 Februarie – Cecil Moss , 'n Springbokrugbyspeler , afrigter en dokter († 2017 ).
25 Maart – Flannery O'Connor , Amerikaanse outeur, († 1964 ).
14 April – Colin Eglin , leier van die Progressiewe Reformisteparty en Progressiewe Federale Party († 2013 ).
30 April – Dot Serfontein , Afrikaanse skrywer († 2016 ).
1 Mei – Scott Carpenter , Amerikaanse ruimtevaarder († 2013 ).
4 Mei – Peter Blum , Afrikaanse digter († 1990 ).
4 Mei – Ruth First , Suid-Afrikaanse skrywer en anti-apartheidsaktivis († 1982 ).
19 Mei – Pol Pot , Kambodjaanse diktator († 1998 ).
19 Junie – Alfred Baphethuxolo Nzo , Suid-Afrikaanse politikus († 2000 ).
25 Junie – June Lockhart , Amerikaanse aktrise.
26 Junie – Pawel Beljajef , Sowjetse ruimtevaarder († 1970 ).
27 Junie – Jerome Felder , AKA Doc Pomus, Amerikaanse musikant en komponis († 1991 ).
2 Julie – Medgar Evers , Amerikaanse menseregte-aktivis († 1963 ).
2 Julie – Patrice Lumumba , eerste premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo († 1961 ).
16 September – B.B. King , Amerikaanse bluessanger († 2015 ).
28 September – Cromwell Everson , Suid-Afrikaanse komponis († 1991).
29 September – Tjol Lategan , Springbokrugbyspeler († 2015 ).
3 Oktober – Gore Vidal , Amerikaanse skrywer en essayis († 2012 ).
13 Oktober – Margaret Thatcher , Britse politikus en staatsvrou, eerste minister van die Verenigde Koninkryk († 2013 ).
14 Oktober – Phillip Tobias , Suid-Afrikaanse paleontoloog († 2012).
10 November – Richard Burton , Britse akteur († 1984 ).
18 November – Yvonne Bryceland , Suid-Afrikaanse aktrise († 1992 ).