Welkom

WordPress is ’n toonaangewende, semantiese, persoonlike publiseer-platform wat stylvol, getrou aan web-standaarde en gebruikersvriendelik is. WordPress is terselfdertyd gratis en van onskatbare waarde. Dit bevorder vryheid van spraak sodat jy jou stem kan laat hoor.
Die sagteware se kern word gebou en onderhou deur honderde vrywilligers regoor die wêreld. Wanneer jy gereed is, kyk na die duisende uitbreidings en ontwerpe wat jou webwerf kan omskep na enige-iets denkbaar. Meer as 60 miljoen mense het reeds WordPress gekies om hul tuiste op die internet aan te dryf – word gerus deel van die familie.
Vertaling na Afrikaans
Die proses om WordPress na Afrikaans te vertaal, het pas afgeskop. Die vertaalprojek word gekoördineer deur Maroela Media. Die doelwitte is om:
- ideomaties-korrekte vertalings te doen
- wat algemeen aanvaar word deur die Afrikaanse gemeenskap
- ter opbouing en groei van Afrikaans.
Ons is besig om ’n span saam te stel, so kontak ons as jy wil deelneem of spring weg en begin vertaal.
Laai af
WordPress se Afrikaanse weergawe sal eers beskikbaar wees wanneer die vertaling voltooi is. Gebruik asseblief intussen ’n ander weergawe.
Gereed om te begin? Laai WordPress af